Terwyl ek die vorige dag ry en voel alles is so 'n gejaag, besluit ek om die dankbaarhiedsterapie net weer daar en dan in my kar te beoefen. Ek begin deur vir my Hemelse Man dankie te sê vir die dag, dankie vir my kinders, dankie vir die motor waarin ek ry, dankie vir die huis waarin ek bly, dankie dat ek op 'n bed kon slaap...
Deur die dag merk 'n vriendin op dat sy nie geweet het dat ek sulke pragtige dimpels langs my wange het nie, want ek het natuurlik van oor tot oor geglimlag. Aan die einde van my dag dink ek so terug oor die dag en besef dat ek in 'n baie goeie bui was deur die dag, daarbaarheid was werklik die medisyne wat ek vir die dag nodig gehad het.
Sien asseblief wat Adina en Atarah op die volgende twee blogs gedeel het oor dankbaarheidsterapie:
Dankie dat jy dit gedeel het Janine, om elke dag ons seeninge te tel is iets wat regtig help wanneer ons af voel. En ons dis iets wat ons elke liewe dag kan doen, ons seeninge een vir een tel! Nie net verander dit hoe jy voel nie, dit bring ons ook nader aan Hom!
Ek stem liefste Adina, dit help so baie, ek probeer dit nou elke oggend so in die verkeer te doen en dit verander my gemoed so baie.