“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie." J14:27
Te danke aan ons kosbare Liefling Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke, wat te koop is by ons Afrikaanse Boekwinkel Kiosk asook Encouraging Boekwinkel en is daar ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word.
Elke Maandag sal ek 'n gedeelte/s uit een van ons lewensveranderende boeke deel. Ek wil jou dan aanmoedig, om asseblief in die komentaar gedeelte te deel hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het of jy kan self 'n gedeelte uit die spesifieke hoofstuk deel wat tot jou hart gepraat het.
Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe die gedeelte wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.
Vandag deel ek gedeelte uit Adina se Herstel Reis Verhaal - My Reis Huis Toe, Hoofstuk 3 "Ek Het 'n Leemte In My Gehad"
Vir 'n rukkie het ek al die seer wat teruggekom het probeer onderdruk. Ek het desperaat probeer om dit toegesluit te hou, maar dit het op die ou end net te veel geword vir my om te hanteer. Binne 'n jaar het ek 'n ander werk gekry selfs verder weg, dit was 'n bestuurspos met 'n baie goeie salaris. Ek het 'n leemte gehad, 'n leegte in my wat ek probeer vul het, en ek het gesoek na iets of iemand om dit te vul.
Aan die begin van my eie Reis het ek gedink dat ek daardie pyn sou vul met die houdings van die wêreld, maar dit is soos om ‘n groot gat te vul met iets kleins. Trouens, dit word groter. Dankie aan my Geliefde, wat ons na RMI gebring het, en ons het geleer dat net Hy ons leemte vul en dit vir altyd genees.
Dankie Janine vir die deel van hierdie uittreksel van Adina.
Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Liza, ek weet presies wat jy bedoel, dit is beslis dan ‘n groot gat wat groter word. Ek is so dankbaar dat ons kosbare Geliefde Here daardie gat gevul het en nou kan genesing plaasvind.