“Deel is Omgee” Boekdag – My Gekweste Hart

“Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring." P94:19

Te danke aan ons kosbare Liefling Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke, wat te koop is by  ons Afrikaanse Boekwinkel Kiosk asook Encouraging Boekwinkel en is daar ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word.

https://encouragingbookstore.com/wp-content/uploads/2023/11/cropped-EB_ROUND_Heart_LOGO.jpeg

RMIOUFT-Logo

Elke Maandag sal ek 'n gedeelte/s uit een van ons lewensveranderende boeke deel. Ek wil jou dan aanmoedig, om asseblief in die komentaar gedeelte te deel hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het of jy kan self 'n gedeelte uit die spesifieke hoofstuk deel wat tot jou hart gepraat het.

Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe die gedeelte wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.

Vandag deel ek gedeelte uit Yvonne se Herstel Reis Verhaal - My Gekweste Hart, Hoofstuk 1 "Volslae Verwoesting"

Vir die eerste keer in so lang tyd het ek soos die derde wiel aan die wa gevoel. Die uitgeworpene. Die ongenooide toeskouer. Ek het van buite af ingekyk op die gelukkige gesin wat nie myne was nie. Toe kom ‘n gedagte by my op: “Miskien is ek die een wat nie veronderstel is om hier te wees nie. Miskien is ek net in die pad. Wat 'n perfekte gesin sou dit sonder my wees. As ek nie daar was nie, sou ek enigsins gemis word? Dalk sou ek net soos ‘n goeie herinnering wees wat stadig sou vervaag en in hul verlede sou verdwyn?” Daardie aand was my kussing vir die eerste keer in jare deurdrenk met my trane.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui