"Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word." J1:6
Te danke aan ons kosbare Liefling Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke, wat te koop is by ons Afrikaanse Boekwinkel Kiosk asook Encouraging Boekwinkel en is daar ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word.
Elke Maandag sal ek 'n gedeelte/s uit een van ons lewensveranderende boeke deel. Ek wil jou dan aanmoedig, om asseblief in die komentaar gedeelte te deel hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het of jy kan self 'n gedeelte uit die spesifieke hoofstuk deel wat tot jou hart gepraat het.
Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe die gedeelte wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.
Vandag deel ek 'n gedeelte uit Armoede Mentaliteit, Hoofstuk 7 "Vasgekeer"
Het die Bybel nie vir ons gesê dat dit God was wat Farao se hart verhard het nie? En as Hy Farao se hart verhard het, maak dit dan regtig saak wie agter die krisis sit waardeur ek en jy tans leef? En as dit nie God was wat my eksman se hart verhard het, of jou baas se hart, of daardie vriend op wie jy gedink het jy kan staatmaak en vertrou nie, maar dit was eerder hul eie selfsug, en selfgesentreerdheid, mag ek vra: Wie buiten my sou moes bely dat as dit nie vir die Here en Sy liefde was nie, nou as Sy bruid, ek en jy op dieselfde manier sou optree?
Hierdie stuk het my laat dit dat dit eintlik dan nie saak maak wie agter die krisis sit nie want ek gaan ook nou moet erken as dit nie vir ons Geliefde Here en Sy genade was nie, het ek op terrible maniere opgetree en dis als nou Sy genade en bewys my afhanklikheid van Hom dat ek nie nog steeds terrible optree nie.