"Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil." P34:9
My liefste Here het my hierdie laas week bo my verwagtinge geseën!
Ek het my liewe sussie 2 jaar terug gesien, aangesien sy ongeveer 1200km van my af woon. Laas week was my verjaarsdag en sy het vir my vliegtuig kaartjies gegee vir 'n week se vakansie by haar. Asof dit nie amazing genoeg is nie, sien ek dan weereens my jongste seun want hy bly nie te ver van haar af nie!
Wat net soos nog 'n dag begin het, het so spesiaal uitgedraai. Alles het net in plek geval. Onverwags word ons "cake day" by die werk verander na die dag van my verjaarsdag. Ons afdeling se "secret Santa" val toevalig op my verjaarsdag en almal maak die dag spesiaal vir my! Doodmoeg oppad huistoe kry ek nog 'n verassing, toe ek by die huis in my kamer instap ... opgemaak met balonne en blomme deur my kinders met die kosbaarste geskenk ooit! En gisteraand toe ek by die huis stop, is my vriendin reg voor my hek en vat my uit vir ete!
Ek weèt dit was my liefste Here wat alles beplan het!
My begeerte was om die dag met Hom te spandeer en Hy het uit so pad gegaan om die dag spesiaal vir my te maak!
Hoe dan anders? Hý is my Hemelse Man en nìemand kan naby Hom kom nie!
Ek wil net dankie sê aan my Liefste Here! Ek loof en prys Hom!
En dankie vir die "Blessed Friday" wat ook reg by my verjaarsdag geval het ... ek kon vir myself 'n awesom geskenk koop èn dit bekostig!
Die Here is amazing!
Wow dankie vir hierdie pragtige getuienis kosbare Betty, ons Liefling Here het jou omtrent gepamperlang. Ek raak sommer net opgewonde as ek sien wat Hy besig is om in jou lewe te doen, Hy is net Wonderlik!
Betty, hoe pragtig om die omgee en liefde te sien wat Ons Geliefde jou wys. En Hy sit die stukke bymekaar, sodat alles mooi en perfek is.
Ek sluit aan by u lof, eer aan die Here
Sjoe Betty, die pragtige lofprys van jou was net wat ek vandag nodig gehad. Wat ‘n wonderlike Hemelse Man het ons nie. 😍 My hart juig vandag saam met jou dat Hy jou verjaarsdag so spesiaal gemaak het. Baie geluk met jou verjaarsdag en mag die jaar net nog meer spesiaal wees en Hy al jou hartsbegeertes laat waar word die jaar. 💖
Dankie liefste Betty vir jou wonderlike lofverslag! Ons Geliefde Here het jou omtrent bederf op jou verjaarsdag! Al is dit bietjie laat, baie geluk met jou verjaarsdag en mag Hy jou die nuwe jaar net so seen soos wat Hy op jou verjaarsdag gedoen het!
So baie dankie julle wonderlike mense! Ons Here is verby amazing!
Haai Betty jy was soooo bederf vir jou verjaarsdag! en hy het jou meer gegee!!! meer as way jy gevra get 😁 Ek is so gelukkig vir jou!! 🤗💗♥️