🙌Belofte Woensdag🙌

"Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur. God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak." 1P5:8-10

Kosbare liefste vrou asseblief hou moed, want ons kosbare Here sal julle weear oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak. Onthou in Wie ons hoop is!

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

6 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. “Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.” J33:3 https://www.bible.com/bible/5/jer.33.3

    “Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil.” P18:31 https://www.bible.com/bible/5/psa.18.31

    “Ek is my beminde s’n, en my beminde is myne — hy wat herder is onder die lelies.” H6:3 https://www.bible.com/bible/5/sng.6.3

    ~~~
    “Call to Me, and I will answer you and tell you great and unsearchable things, which you do not know. ” Jeremiah 33:3
    https://www.bible.com/bible/328/jer.33.3

    “God’s way is perfect;
    the word of the Lord is pure.
    He is a shield for all
    who take refuge in Him.” Psalm 18:31
    https://www.bible.com/bible/328/psa.18.31

    “I am my beloved’s
    and mine is my beloved,
    who feeds among the lilies.” Song of Songs 6:3
    https://www.bible.com/bible/328/sng.6.3

  2. ‘Van Dawid. Die Here is my lig en my redding – vir wie sal ek vrees? Die Here is die toevlug van my lewe – vir wie sal ek bang wees? Ja, Hy steek my weg in sy skuiling op ‘n dag van onheil; Hy verberg my in die beskutting van sy tent; Hy tel my hoog op ‘n rots. As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal beleef in die land van die lewendes nie! Wag op die Here ! Wees sterk en hou moed, ja, wag op die Here !’

    Psalms 27:1,5,13-14
    https://www.bible.com/af/bible/3499/PSA.27.1,5,13-14

  3. Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? ja, hulle mag vergeet, maar Ek sal jou nie vergeet nie. Kyk, Ek het jou in die palms van my hande gegraveer; u mure is altyddeur voor my. I4915

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui