🙌Belofte Woensdag-Soos ‘n Hamer🙌

"My woord is soos vuur, sê die Here, soos 'n hamer waarmee klippe stukkend gebreek word." J23:29

Hierdie is een van die beloftes wat ek lief is om op te mediteer en soveel te meer 'n bewys dat God se woord baie kragtig is.

"Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart." H4:12

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om op ons kosbare Liefling Here se woord te mediteer en dit diep in jou hart te bêre. Onthou dis hoe jy die klippe van oordinkery, bekommernis en vrese stukkend breek.

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

5 thoughts on “🙌Belofte Woensdag-Soos ‘n Hamer🙌”

  1. “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. Almal wat teen jou te kere gaan, sal teleurgesteld staan en die aftog blaas. Jou teëparty sal soos niks word, hulle sal omkom. Jy sal dié soek wat teen jou veg, maar hulle sal nêrens te vinde wees nie; dié wat teen jou oorlog maak, sal word soos niks, soos iets wat nie bestaan nie. Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou.”
    ‭‭JESAJA‬ ‭41‬:‭10‬-‭13‬ ‭AFR83‬‬

  2. Dit is beklee met krag en waardigheid,
    en die toekoms veilig in die gesig staar.
    Wanneer hy praat, doen hy dit met wysheid;
    Wanneer hy opdrag gee, doen hy dit met liefde.
    (Spreuke 31:25-26)

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui