"Maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie." J40:31
Hierdie pragtige belofte laat my dink aan Lewenses 89 "Superhelde wat Superkragte Gebruik" en ek haal 'n kort gedeelte aan, maar maak asseblief seker dat jy die hele lewensles gaan lees:
Dit is omdat wag, in werklikheid, krag is, 'n superkrag wat, wanneer dit ontketen word, jou Vader, God, toelaat om Homself te wys en wat Hy kan doen met 'n ondenkbare spoed en 'n ongelooflike vlak van seëninge sodra die tydperk van wag voltooi is.
Belofte Woensdag
Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "Belofte Woensdag" sodat dit ander bruide kan bemoedig.
Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:
1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.
2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.
3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.
Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:
“Moenie bang wees nie!” sê Elisa vir hom. “Daar is meer aan ons kant as aan hulle kant!” Toe bid Elisa: “Here, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien!” Die Here het sy dienaar se oë oopgemaak. Toe hy opkyk, sien hy dat daar baie perde en strydwaens van vuur op die heuwels rondom Elisa was.”
2 Konings 6:16-17
Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”
https://bible.com/bible/6/deu.31.8.AFR83
“Die Here het toe vir my gesê: Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees. Die openbaring geld vir ‘n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.” H2:2-3
https://www.bible.com/af/bible/6/HAB.2.AFR83#:~:text=Die%20Here%20het,nie%20uitbly%20nie.
KLAAGLIEDERE 3:24-25 AFR83
[24] Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. [25] Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra;
https://bible.com/bible/6/lam.3.24-25.AFR83
Roep tot My, en Ek sal jou antwoord en jou groot en verborge dinge leer wat jy nie weet nie (Jeremia 33:3).