🙌Belofte Woensdag-Die Here Skryf Sy Woord Op Ons Harte🙌

 "Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees." J31:33

Hierdie is vir my so pragtige belofte dat ons kosbare Liefling Here Sy woord op ons harte sal skryf en dit in ons gedagtes vaslê. 

Daar was 'n tyd wat ek net nie met die lewe wou aangaan nie en ek sal nooit ooit die oom vergeet wat die Here gestuur het om my te lei om ons kosbare Liefling Here se woord in my lewe in te spreek en nou maak hierdie pragtige belofte vir my sin. Lees hoe pragtig stel Die Boodskap Bybel hierdie selfde belofte:

"Maar so sal die nuwe ooreenkoms lyk wat Ek later met Israel sal maak: Ek sal dit wat Ek van hulle verwag, in hulle gedagtes plant. Hulle sal in hulle hart weet wat Ek van hulle verwag. Dan sal Ek hulle God wees en hulle sal my eie mense wees." J31:33

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

3 thoughts on “🙌Belofte Woensdag-Die Here Skryf Sy Woord Op Ons Harte🙌”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui