“Om dié rede ly ek ook hierdie dinge. Maar dit skrik my nie af nie, want ek weet op wie ek vertrou, en ek is daarvan oortuig dat Hy magtig is om wat Hy aan my toevertrou het, tot op die dag dat Hy weer kom, in stand te hou.” 2 Tim. 1:12
Kosbare vrou lees asseblief hierdie pragtige gedeelte gedeel uit vandag se My Beminde:
Beminde, glo jy dat God in staat is om dit waarvoor jy in erns gebid het, te vervul? Word jou twyfel veroorsaak deur die knaende gedagte dat dalk, net dalk, gaan Hy dit nie vir jou doen nie? Selfs al sê Sy eie Woord die teendeel, dat God nie sekere mense bo ander voortrek nie.
Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om ons Geliefde Here te glo en vertrou met jou hele hart, want Hy stel nooit ooit teleur nie.
Belofte Donderdag
Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Donderdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "Belofte Donderdag
" sodat dit ander bruide kan bemoedig.
Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:
1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.
2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.
3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.
Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:



“Nog net “’n kort, kort tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie talm nie.” H10:37 https://www.bible.com/bible/6/heb.10.37
~~~
“For yet a little while, and He who is coming will come and will not delay,” Hebrews 10:37
https://www.bible.com/bible/328/heb.10.37
Liewe Janine
, dankie vir die bemoediging wat hierdie pragtige vers vergesel
“Niks is vir Hom onmoontlik nie.”
Sofonías 3:17
Nuwe Afrikaanse Vertaling – NAV1979
17 Die Here, jou God, is in jou midde, soos ‘n held wat red;
Hy sal jou die grootste vreugde wees;
Hy sal in sy liefde stilte hou;
Hy sal oor jou juig met blydskap.
https://www.biblegateway.com/passage/?search=Sophonie%203.17&version=NEG1979;NIV
“In ons verbondenheid met Hom en deur ons geloof in Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan.” E3:12 https://www.bible.com/bible/6/eph.3.12