"U het vir hulle brood gegee uit die hemel toe hulle honger was, vir hulle water uit 'n rots laat stroom toe hulle dors was. U het gesê hulle kan die land in besit kom neem wat U met 'n eed beloof het om aan hulle te gee." N9:15
In vandag se My Beminde word daar gesê ons moet vertrou dat Hy in al ons behoeftes sal voorsien en kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om werklik die Here vir al jou behoeftes te vertrou, want Hy is getrou.
Belofte Donderdag
Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Donderdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "Belofte Donderdag
" sodat dit ander bruide kan bemoedig.
Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:
1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.
2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.
3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.
Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:



“Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.” J29:13 https://www.bible.com/bible/6/jer.29.13
“Neig jou oor en kom na My toe; luister, en jou siel sal lewe; en Ek sal ‘n ewige verbond met jou sluit, die vaste ontferminge van Dawid.”
https://www.bible.com/af/bible/3660/ISA.55.CAB23
‘Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepping. Die ou dinge het verbygegaan – kyk, hulle het nuut geword. ‘
2 Korinthiërs 5:17
https://www.bible.com/af/bible/3499/2CO.5.17