🙌Belofte Donderdag – Bly Stil🙌

“Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde." S18:21

Kosbare vrou lees asseblief hierdie belangrike gedeelte gedeel uit vandag se My Beminde:

Tog, Beminde, dit is nie net wat ons sê of nie sê, vir dié wat ons verlaat het nie. Dit is wat ons aan enigiemand en almal sê. 

Kosbare vrou kom ons raak stil. Lees hierdie vers in 'n paar ander vertalings:

"Iemand wat op sy woorde let, bewaar sy lewe. ’n Eindelose gepratery kan alles ruïneer." S3:3(NLV)

"Wie sy mond in bedwang hou, behou sy lewe; wie sy mond nie kan hou nie, gaan sy ondergang tegemoet." S3:3(83)

"Hy wat sy mond kan hou, bly uit die moeilikheid uit. ’n Kletskous praat maklik sy mond verby en beland in groot moeilikheid." S13:3(DB)

🙌Belofte Donderdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Donderdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Donderdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

1 thought on “🙌Belofte Donderdag – Bly Stil🙌”

  1. “Bring julle volle tiende na die tempel se stoorkamers toe sodat daar genoeg kan wees om dié wat nie vir hulleself kan sorg nie te help. Probeer dit en kyk wat gebeur. As julle dit doen, sal julle sien dat julle my hande wat agter my rug vasgemaak was, losgemaak het, en dan sal Ek weer vir julle kan sorg na die beste van my vermoë.” M3:10(DB) https://www.bible.com/bible/50/MAL.3.10.DB

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui