♕ Vandag se belofte: “Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na my toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het.” Jesaja 55:11
Kosbare bruid ek hoop jy het laas week Beginsel #3 uit "Hoe om Hierdie Jaar Geseënd te Wees" gelees en dat jy reg is vir Beginsel #4. Maak asseblief seker om te joernaal, want daar kan jy jou hart teenoor ons Liefling Here uitstort, asook om kommentaar te los en te deel wat jy geleer het uit Beginsel #4.
Geniet hier
Beginsel #4 “Voorspoedig In Alles Wat Hy Aanpak”
As hierdie les jou hart geraak het, onthou om kommentaar te lewer onder die les, in die kommentaar afdeling.
As jy kommentaar lewer onder die les, sal al die dames wat agter jou aankom, jaar na jaar, bemoedig word deur wat jy geskryf het.
Hierdie week se beginsel is so pragtig, jare gelede het my Liefling Here my gelei om Sy woord te memoriseer omdat:
Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. H4:12 https://www.bible.com/af/bible/6/HEB.4.12.AFR83
En ons kosbare Here het my genees van depressie en Hy het Sy woord gebruik wat ek gelei was om in my lewe in te spreek. Ek deel my gunsteling belofte wat ek sommer so uit my hart uit gaan deel: Ewige vreugde is op my hoof, vreugde en blydskap het ek verkry, kommer en gesug vlug weg. J35:10 https://www.bible.com/af/bible/5/ISA.35.10.AFR53
Ja liefste Janine om verse te oor dink help ons so baie in ons gedagtes ook die Here het my gelei om laas week verse op my yskas te sit wat my die hele week deur gehelp het en hou wonderlik toe ek iemand bemoedig het om lewe te praat en die verse wat ek gelei was om vir haar te se was op my yskas.
HABAKUK 2:2 NLV
[2] Toe het die Here geantwoord: “Skryf my antwoord, die visioen, in groot, duidelike letters op kleitablette sodat iemand wat verbyhardloop dit kan lees.
https://bible.com/bible/117/hab.2.2.NLV
Dis pragtig kosbare Kristy dankie dat jy dit met ons deel.
Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid. J40:8 https://www.bible.com/af/bible/5/isa.40.8
Is my woord nie só, soos ‘n vuur, spreek die HERE, en soos ‘n hamer wat ‘n rots vermorsel nie? J23:29 https://www.bible.com/af/bible/5/JER.23.29.AFR53