Oor die laaste paar weke, het ons gepraat oor hoe om hierdie jaar geseënd te wees. Om te hersien, ons het tot dusver 3 beginsels geleer:

Beginsel #1 God WIL Jou Seën! 

Beginsel #2 Smart en Lyding help ons om die volwassenheid te verkry om die seën te geniet!

Beginsel #3 Om geseënd te wees, moet jy Hom lief genoeg hê om Hom te gehoorsaam.

Hierdie week wil ons ‘n vierde beginsel leer.

Beginsel #4 Om geseënd te wees, moet jy Sy Woord oordink.

Psalm 1:2-3

“Maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind,

dit dag en nag oordink.

Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is,

wat op die regte tyd vrugte dra

en waarvan die blare nie verdroog nie.

Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak."

As ons Psalm 1 gebruik as ons gids, sien ons dat dit belowe dat AS ons God se Woord oordink, tot op die punt wat ons dag en nag daaroor dink—sal ons soos ‘n boom wees wat ferm en stewig by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie, en, die opwindenste—ons sal voorspoedig wees in ALLES wat ons aanpak.

Ek weet wat ek geskryf het is nie woord vir woord nie en die leestekens is ook ver van die vers wat ek bo geplaas het, maar dit is omdat ek dit uit my geheue getik het, uit my hart, dit is al die versierings wat ek sedertdien in my eie lewe ervaar het.  

Toe ek die eerste keer aan hierdie vers voorgestel was, het ek soveel in hierdie belofte geglo, dat dit die eerste vers was wat ek ‘n punt gemaak het om te memoriseer. Eintlik het ek die hele 1ste Psalm die Maandag, nadat ek by ‘n seminaar die eerste keer van die beginsel gehoor het, gememoriseer. Op daardie stadium van my Herstel Reis, was my man vir ‘n jaar en agt maande weg. 

Ek het geglo wat die vers gesê het en dit gevat as Sy belofte aan my en, soos wat hulle voorgestel het by die seminaar, het ek begin deur die hele Psalm 1 te memoriseer. Voor dit, het ek eintlik baie verse in my hart weggesteek deur Bybelverse op 3x5 kaarte te skryf.

Psalm 119:11 AFR 83—

"Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U."  NLV  “Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie.”

Laat ek dit so duidelik sê as wat ek in staat is, as jy net hierdie EEN beginsel memoriseer, sal dit jou lewe verander, net soos dit my lewe verander het—VIR EWIG! Vandat ek hierdie een vers oordink het, was ek nooit weer dieselfde nie.

Hoe? Hoekom?

Want bo alles, is God getrou aan Sy beloftes. So wanneer ons hulle neem as Sy belofte aan ons en glo, in geloof, dat Hy getrou is en al Sy beloftes aan ons is “Ja!” en “Amen!” en ons sê hulle terug vir Hom, sal dit suksesvol wees.

Jesaja 55:11—

“Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na my toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het.”

Die eerste ding wat ek opgemerk het toe ek begin het om hierdie vers te probeer memoriseer, was dat dit gelyk het asof ek dit oor en oor sê—dag en nag. Toe het Sy beloftes vir my lewendig geword. Dit het deel van my geword. En baie gou het ek agtergekom dat, ja, ek was voorspoedig in alles wat ek aangepak het!

Nee, my huwelik was nie oornag herstel nie; in werklikheid het my man die volgende maand van my geskei. Ek weet ook, dat die vyand my bly spot het deur te sê, “So dit is hoe jy voorspoedig gaan wees! Jy memoriseer die Skrif en jou man skei van jou!” Maar, dit was my toets van geloof en sonder ‘n toets, hoe kan ons ‘n getuienis hê?  

Hoe anders kan God ons hart ken? Onthou, Hy sê, “Ek, die Here, deursoek mense se harte en geheime motiewe. En Ek gee aan almal wat hulle toekom, volgens wat hulle gedoen het.” Jeremia 17:10. Ons mag dalk nie ons eie harte ken nie, aangesien dit ook sê “die mens se hart is deur en deur bedrieglik en boos. Wie weet regtig hoe sleg dit is?” Jeremia 17:9. So dit is hoekom God ons toets.  

So, as ons bewys ons is getrou en nie “moeg word om goed te doen nie” Galasiërs 6:9 dan sal "Hy dié wat Hom soek, beloon."  Hebreërs 11:6

So terloops, ieder en elke vers wat ek “vashou, weerhou my van sonde teen U,” het bewys om my te verander deur die vernuwing van my gedagtes. Toe my gedagtes verander het, het my hart ook verander en asof dit nie genoeg was nie, belowe God ook elkeen van ons, soos wat ons bepreek het, dat ons VOORSPOEDIG sal wees in alles wat ons aanpak! Wow! 

*Terloops. As jy wegskram van die idee om Bybelverse te “memoriseer," elke Bybelvers wat ek bo geskryf het is uit my geheue. Sy Woord het ek diep in my hart weggesteek, deur eenvoudig die verse op 3x5 kaartjies te skryf en hulle een keer in die oggend (die oomblik wat ek wakker geword het), een keer in die aand (voor ek gaan slaap het) en wanneer ek ‘n skeut aanmoediging nodig gehad het (wat gedurende my Herstel Reis die heeltyd was!), te lees.   

Nou, wanneer ons praat van gehoorsaamheid aan Hom en die voorwaardes van Sy beloftes, Beginsel #3 Om geseënd te wees, moet jy Hom lief genoeg hê om Hom te gehoorsaam, moet ons natuurlik weet en verstaan wat Hy ons vra om te gehoorsaam.

Dit is waar “vernuwing van ons gedagtes“ met die Bybel—die Skrif oordink— gewas word in Sy woord —so belangrik is. Om in staat te wees om te verander of om omskep te word, het jy die vernuwende krag van Sy Woord nodig. Jy moet dit oordink, met ander woorde, om oor en oor daaraan te dink!

Watter Bybelverse moet jy oordink?

Begin met die belofte waarmee ons begin het, wat al die ander oopsluit! Volgende, gaan na die verse wat jy in ons hulpbronne gelees het, aangesien elkeen van daardie verse uit my hart gestort het nadat ek my Herstel Reis voltooi het. Hulle was daar geplant toe God toegelaat het dat my huwelik verbrokkel en my met ‘n teer hart, of goeie grond gelos om Sy Woord in te plant. 

Matteus 13:18-23

“Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”

Onlangs het ek ‘n brief van ‘n vrou ontvang wie die egtheid van ons herstelde huweliksgetuienisse bevraagteken het, omdat sy gesê het, hulle klink soos 'n advertensie vir ons hulpbronne. Ek het haar verseker dat hulle eg was en dat ons eenvoudig vroue gevra het of daar enige hulpbronne was wat hulle sou aanbeveel wat mans en vroue sal help wie, soos hulle, ook ‘n begeerte het om hulle huwelik te herstel.

Baie wat sy bevraagteken het was van mans en vrouens met herstelde huwelike, wat almal een ding in gemeen het/gehad het; elkeen van hulle het hulle gedagtes hernu met die beginsels en verse wat hulle in hulle harte weggesteek het en wat gelei het tot God wat hul huwelike herstel het.

Dit was God se Woord wat hulle verander het; dit was God se Woord wat my verander het. Dit sal God se Woord wees wat jou sal verander. Daarom, hoe meer jy lees, oordink en dan meer lees en Sy beloftes oordink, hoe meer sal jy in ‘n nuwe persoon verander word. Hoeveel jy verander wil word, sal bepaal hoeveel van jou dag, week of maand jy in God se Woord en in Sy teenwoordigheid spandeer.   

So, weereens kom ons onthou Beginsel #4 -- Om geseënd te wees, moet ons Sy Woord oordink.

Dié met herstelde huwelike wat skryf, klink anders as die wêreld, doen hulle nie? Dit kom voor asof hulle die Woord spreek in alles wat hulle sê. Dit is omdat hulle verander is deur die vernuwing van hulle gedagtes. Wat van jou? Hoeveel van jou dag word gespandeer in Sy Woord en hoeveel spandeer jy om jou gedagtes te hernu?

As jy nooit die tyd geneem het om Die Skrif te memoriseer nie, begin hierdie week. Skryf net een vers neer wat jy glo ‘n belofte is wat God net vir jou gegee het. Skryf  dit uit op 'n 3x5 kaart en neem die tyd om dit in jou Bybel te merk, lees dit dan eenvoudig twee keer elke dag. Baie gou sal jy “dag en nag” aan daardie belofte dink EN jy sal begin smag na Sy woord.  

Psalm 42:1. “Soos ‘n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God.”

Dan, wanneer jy dit die minste verwag, sal jy vind in alles wat jy aanpak, sal jy voorspoedig wees! Nou is die tyd om te...