Alles Omdat Ons Hom Ken

“Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer." P37:4

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 7 "Hunker Na Wie"

Beminde, ons moet elke vrou aanmoedig om verby haar pyn te beweeg en haar help om vrede te vind, en dan van daardie vrede na uiterste vreugde te beweeg—alles omdat ons Hom ken en ervaar.

Vir so lank kon ek net nie verby die pyn beweeg nie en dit gun ek vir geen vrou nie. Ja dis ongelooflik seer toe ons verwerp was, maar dit is moontlik om verby daardie seer te beweeg en vrede te vind, die vrede wat net Hy kan gee. En ja natuurlik is dit dan moontlik om van daardie vrede na uiterste vreugde te beweeg. Ons kosbare Geliefde Here is die Een wat dit vir ons moontlik maak.

Ek het baie keer die vraag gevra hoekom ek dan nie vreugde en vrede ervaar nie, ek glo dan in die Here en jare later besef ek dis omdat ek my vreugde in 'n aardse man probeer vind het in plaas van in ons kosbare Geliefde Here. So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief al jou vreugde in ons ksobare Geliefde Here te vind.

2 thoughts on “Alles Omdat Ons Hom Ken”

  1. .Liewe Janine, dit is waar, as ek terugkyk, kan ek sien en voel hoeveel pyn my Geliefde van my weggeneem het, en die vreugde om by Hom te wees bring vir ons vrede, want niemand kan vir ons die liefde en vreugde gee wat ons kry om in Sy skoot te rus nie. Slegs deur Hom meer te soek kan ons ons pyn in vreugde verander.

    1. Ek sien dit ook in my eie lewe kosbare Liza en ek is so dankbaar daardie ongelooflike seer is weg en gun dit vir elke vrou. En ja dit kan deur Hom gegee word.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui