Onthou jy toe ek in Week 10 gesê het: “As jy nie hierdie situasie in die gesig gestaar het nie, vertrou my, jy sal”?
Nadat ek al vir so lank bediening gegee het, het ek een ding besef—die vyand is nie heeltemal so slim nie—so hy gebruik dieselfde aas wat meeste vrouens vang.
Om bemin te word deur ‘n man is iets waarna meeste vrouens van ‘n vroeë ouderdom af hunker. En dit word veral oordryf wanneer hulle vader hulle nie liefgehad het soos wat hy ontwerp was om te doen nie.
Die Bybel sê vir ons dat almal op dieselfde manier versoek word, en dit is ook waar vir vrouens. En selfs as jy nie die sonde van ontrou (aan ‘n AM of jou HM) vermaak nie, sal die vyand jou skuldig laat voel deur jou te oortuig dat wat ook al gebeur het, veroorsaak was deur iets wat jy gedoen het.
Alhoewel dit waar mag wees, baie dikwels (as jy ver genoeg op jou herstel reis is en Sy liefde ervaar het), sal dit nie gebeur dat jy die idee van ‘n ander man vermaak nie. As jy nie so ver is nie en jy hunker nogsteeds na ‘n ander man, sal ek jou aanmoedig om Wie jou Beminde wil wees, in Vind My Hemelse Man te lees en weer te lees. Nou terug na vandag se onderwerp...
Dit was toe ek die deel geskryf en later weer gelees het aangaande “aas en skande” en spesifiek— “deur jou te oortuig dat wat ook al gebeur het, veroorsaak was deur iets wat jy gedoen het,” wat ek onmiddelik terug in tyd vervoer was. Dit was 2005 en ek was in Kolorado op besoek aan ‘n paar bedieningslede en vriende.
‘n Lidmaat wat ek nog nooit ontmoet het nie, wat herstel was, het my genadiglik genooi om ver op in die berge, in ‘n baie klein dorpie, te gaan bly. In ‘n huis wat al vir generasies in haar familie was. Mag ek sê dat ek nog nooit so gepamperlang was of so ontspanne gevoel het nie? En dit mag wees wat gelei het na waar en wanneer ek die eerste keer ervaar het om by Hom op te knuffel.
Nietemin, deur op te gaan in daardie berge, was meer oor dit wat Hy my geroep het om te doen vir iemand anders as om my eenvoudig te seën. Maar ek het dit nie tot heelwat later besef nie.
Terwyl ek daar in hulle baie klein kothuisie was, kon ek harde water hoor wat vloei en ek het gestop om my gasvrou te vra wat/waar dit was. Sy het verduidelik dat dit die stroom water was wat van die berg afvloei wanneer die sneeu smelt, so ek het voortgegaan en haar gevra of daar enige manier was wat ek dit kon sien. Maar net omdat ek weggekyk het, was ek nie in staat om die gruwel te sien wat op haar gesig geskryf was nie, maar ek kon dit dadelik in haar stem hoor. Toe ek haar paniek hoor, het ek die idee dadelik laat vaar, maar net ‘n rukkie later het ek weer gevra om dit te sien.
Eerlikwaar, dit was nie totdat ek dit na die Here toe geneem het, nadat ek myself belaglik gemaak het vir my onnoselheid deur weer te vra om dit te sien, dat ek verstaan het nie. Ek het eerlikwaar gedink dat daar iets met my verkeerd moes wees omdat ek dit die heeltyd genoem het. En toe het die “Aha oomblik” gebeur en ek het besef dat daar ‘n rede moes wees waarom Hy wou gehad het dat sy saam my soontoe moes gaan.
So later, terwyl ons teruggeloop het van die onderste dorp af, het ek ‘n paadjie raakgesien net ‘n entjie van die huis af en ek het gevra of dit na die rivier toe lei. Toe sy knik en niks gesê het nie, het ek gelei gevoel om op te loop en die pad te volg. Ek was nie seker of my gasvrou agter my was of nie, maar ek moet sê om op daardie nou brug te staan oor die stromende water, was manjifiek en opwindend!!
Baie gou het ek egter my gasvrou by die voet van die brug opgemerk. ‘n Vrou vir wie ek liefgeraak het, en wat ek kon agterkom ook vir my liefgeraak het, as gevolg van hoe ons altwee die Here, ons Man, aanbid het. Vir paar minute het sy gestaan nadat sy my opgemerk het, en toe terwyl ek geglimlag het en my arms oopgemaak het, het sy na my toe geloop. Toe sy op die brug langs my was, het sy gebreek en begin huil, gebewe en in my arms geval.
Nadat sy dit uitgehuil het, het ons teruggestap huistoe, en dit was daar wat sy begin deel het hoe, toe sy ‘n tiener was, sy verkrag was. Dit was op daardie brug wat hy haar na ‘n afgeleë plek gelok het, haar gegryp het en na sy kar toe gesleep het. Ek het niks gesê nie en my hart het wild geklop, maar ek het aangehou om versigtig na haar te luister en ook na die Here wat besig was om op dieselfde tyd dinge met my in my hart en kop te deel. Dinge wat ek nooit voorheen verstaan het nie en wat so ongelooflik diep was.
Wat hierdie slagoffer en meeste slagoffers mee gelos word, is ‘n gevoel van skuld en hulle laat valslik toe dat die skuld op hulle val en OP hulle bly.
Oor en oor het sy vir my gesê “maar ek moes geweet het!!” wanneer ek probeer het om haar te troos. Maar, terwyl ek die gebeure aan haar terug vertel het, het sy stadig begin verstaan dat daar geen manier was dat sy die strik wat hy gestel het, kon verwag nie: Iemand het vir haar vertel dat haar beste vriendin daar vir haar gewag het en in plaas daarvan was hy daar, aan die ander kant in die bosse verskuil.
So, as jy skuld opgeneem het wat nie joune is nie, maak nie saak hoe groot of klein nie. En as jy onsuksesvol was om vrygestel te word daarvan. Dan sal ek volgende week MEER van hierdie waarheid deel wat beide ongelooflik en diep is—en hoekom die vyand in staat is om voort te gaan om die SLAGOFFER te martel sodat die persoon wat gesondig het, ongeaffekteer voorkom.
Intussen, STOP asseblief nou (of maak ‘n afspraak vir later) om te sela wat jy geleer het, met ander woorde, oordink alles. EN wees seker dat jy nie net dink oor wat jy geleer het nie, maar dat jy ‘n afspraak met jou Man maak om alleen saam met Hom te wees en VRA Hom om met jou te deel hoe hierdie boodskap op jou van toepassing is en enigiets anders wat jy Hom kan VRA. Sit dan stil en luisterEn hou jou liefde lewendig deur daagliks so te leef.