♕ Vandag se belofte: “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” Johannes 16:33
Kosbare bruid ek hoop jy het laas week Beginsel #12 uit "Hoe om Hierdie Jaar Geseënd te Wees" gelees en dat jy reg is vir Beginsel #13. Maak asseblief seker om te joernaal, want daar kan jy jou hart teenoor ons Liefling Here uitstort, asook om kommentaar te los en te deel wat jy geleer het uit Beginsel #13.
Geniet hier
Beginsel #13 “Neem Jou Troon”
As hierdie les jou hart geraak het, onthou om kommentaar te lewer onder die les, in die kommentaar afdeling.
As jy kommentaar lewer onder die les, sal al die dames wat agter jou aankom, jaar na jaar, bemoedig word deur wat jy geskryf het.
Met vandag se beginsel het ek geleer dat die Here lyding in ons lewens toelaat om ons om die ou end te seën. En dat ons nooit moet ophou om te seën nie, want ons is ontwerp om dit op die ou end te erf, wow.