Laat Gaan Was Die Moeilikste Ding Wat Ek Nog Ooit Moes Doen

"Die Here het toe gesê: As jy jou woorde terugneem, sal Ek jou weer in my diens neem. As wat jy sê, waarde sal hê en nie onsin sal wees nie, sal jy weer namens My kan praat. Die mense moet jóú volg, nie jy vir hulle nie." J15:19

Toe ek weer hierdie les van Kursus 2, Dag 15 "Die Vryheid om te Laat Gaan" gelees het, het dit my laat terugdink hoe dit werklik vir my een van die moeilikste beginsels was. Ek verstaan nou eers hoekom dit vir my so moeilik was, want ek het dit in my eie krag probeer doen en dit is werklik iets wat jy nie in jou eie krag kan doen nie.

Toe my eggenoot my los het, het ek hom omtrent elke dag gebel. Ja ek weet dis verskriklik, maar ek moes hom mos oortuig om terug te kom😂 en die ergste is, ek het nogal gedink ek sal dit regkry. Ek het hom so erg gebel en boodskappe gestuur (ja ek weet dit was ongelooflik desperaat), dat sy suster naderhand vir my gesê het om dit in my dagboek te merk hoevoel dae ek dit regkry om hom nie te kontak nie. Dit was presies 30 dae wat ek hom nie gekontak het nie, maar dit het glad nie beteken dat ek nie aan hom gedink het nie of nie desperaat by die Here vir hom gesmeek het nie. En die ergste is ek het niks daarmee bereik nie of eintlik het ek, dit het hom net meer en meer in die ander vrou se arms ingestoot. Hy was toe die een wat my eerste gekontak het en daarna het ek net weer my roetine voortgesit in plaas van om ons kosbare Here Sy regmatige plek in my lewe te gee en te laat gaan.

Lees asseblief hierdie gedeelte uit die les:

Wanneer ek God in Sy regmatige plek gehad het, moes ek hardloop om voor my eks-man te bly (ek sit dit so sodat jy kan visualiseer wat ek probeer om te sê…) maar enige dag wat ek my eks-man eerste geplaas het en nie laat gaan het nie, het ek stadig beweeg en kon nog steeds nie my eks-man enigsins naby my kry nie.

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om te laat gaan en ons kosbare Geliefde Here Sy regmatige plek te gee, moenie my foute maak en toelaat dat jy dit eers baie jare later met die Here se hulp regkry en besef ons kosbare Here se tydsberekening is die beste nie. Vra nou dadelik die Here se hulp daarmee, want Hy wag gretig om jou daarmee te help. Onthou jy kan dit net met ons kosbare Geliefde Here se hulp doen.

2 thoughts on “Laat Gaan Was Die Moeilikste Ding Wat Ek Nog Ooit Moes Doen”

  1. Ja, dit was moeilik om te laat gaan, nee. Want ek het aan my aardse man geskryf omdat ek nooit vir hom skryf of hom bel nie. Hy doen dit altyd. Ek dink dit is moeiliker in my gedagtes, en ek sê altyd vir my Geliefde om my te help om Hom in my gedagtes te laat gaan. En laat Hom vir dinge sorg terwyl my hart gevul is met Sy Teenwoordigheid.

  2. Ja, dit is iets baie sterk, dit is soos om teen onsself te veg, maar in werklikheid is dit om te laat gaan van wat ons seermaak, wat ons seermaak. Ek bring dit altyd in verband met ‘n doringroos, wat in my oë mooi is, dat ek hom versorg om sy skoonheid te behou maar in daardie proses het dit my al baie keer geprik totdat ek bloei, maar ek hou steeds aan om hom te druk, al is dit seer.

    Om te laat gaan is ‘n proses wat ons net saam met Hom kan want ek het geleer dat as ek die pyn los, ontvang ek die liefde en vrede van My Geliefde met die wete dat Hy by my is al die pad en dat ek saam met HOM alles kan doen, wanneer Hy ons ALLES word sal ons niks nodig hê nie sal ons laat gaan het, en ons harte oopgemaak het vir ons Geliefde. Mooies, ek moedig julle aan om dit wat moeilik is te laat gaan en Hom vas te hou, want as dit van Hom af kom sal dit nie seermaak nie en ook nie swaar wees nie. “want my juk is sag en my las is lig.” Matteus 11:30 https://www.biblegateway.com/passage/?search=Mateo%2011%3A30&version=RVR1960
    Filippense 4:13 https://www.biblegateway.com/passage/?search=Philippians%204%3A13&version=RVR1960
    _______________________________________________________________________________
    Si, es algo muy fuerte, es como pelear contra nosotras mismas, pero en realidad es soltar eso que nos duele, que nos hace daño. Siempre lo relaciono con una rosa espinosa, que es lindo ante mis ojos, que la cuido para mantener su hermosura pero en ese proceso me ha pinchado muchas veces hasta sangrar, pero aùn asi la sigo abrazando, aunque me duela.

    Soltar es un proceso que solo con El podemos porque aprendi que a medida que voy soltando el dolor voy recibiendo el amor y la paz de Mi Amado sabiendo que El esta conmigo todo el camino y que con EL todo lo puedo, cuando el se convierta en nuestro TODO no nos hará falta nada habremos soltado, y abierto nuestro corazon a nuestro Amado. Bellas las animo a soltar lo dificil y agarrarse de El, porque si viene de EL no dolerá ni sera pesado. “porque mi yugo es fácil, y ligera mi carga.” Mateo 11:30 https://www.biblegateway.com/passage/?search=Mateo%2011%3A30&version=RVR1960
    Filipenses 4:13 https://www.biblegateway.com/passage/?search=Filipenses%204%3A13&version=RVR1960
    “Todo lo puedo en Cristo que me fortalece.”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui