💖🙌 Dankbare-Saterdag – Moenie Twyfel Nie 🙌💖

Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!” Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?” M14:30-31

Kosbare vrou lees asseblief hierdie gedeelte uit vandag se My Beminde - 15 Maart

In die middel van die stryd wat swaar teen jou woed, moet nooit vergeet, nooit sig verloor van die oorwinning wat vorentoe lê nie. 

Kosbare vrou ek wil jou werklik aanmoedig om jou fokus op ons kosbare Geliefde Here te hou.

Dankbaarheid Saterdag

"Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam." P100:4

Lees Dankbaarheidsterapie

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. Dit is hoe ons dit 'n gewoonte maak om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en hoe ons, ons dierbare lieflike Here, wat al die eer verdien, eer.

1 thought on “💖🙌 Dankbare-Saterdag – Moenie Twyfel Nie 🙌💖”

  1. Ek is dankbaar dat ons kosbare Here vir my sulke goeie ouers gegee het.
    Ek is dankbaar vir my goeie seuns.
    Ek is dankbaar dat ek altyd op die Here kan staatmaak.
    Ek is dankbaar dat die Here so ongelooflik goed vir my is en vir my sorg en voorsien.
    Ek is dankbaar vir ‘n dak oor ons koppe maar dat Hy my huis is.
    Ek is dankbaar dat ek ‘n werk het en elke maand alles kan betaal.
    Ek is dankbaar vir my Geliefde Here se liefde en vrede en dat ek sonder Hom niks is nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui