"HERE, stel 'n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe." P141:3
Vandag toe ek Kursus 2, Dag 8 - Uitmekaar lees het ek net weereens besef hoe ongelooflik baie foute ek gemaak het. En ek deel my foute in die hoop dat enige kosbare vrou wat lees wat ek skryf nie dieselfde foute as ek gaan staan en maak nie. En as jy dit reeds gedoen het, moenie aanhou nie en gee al jou foute vir die Here om dit dan ten goede te gebruik.
Lees asseblief hierdie baie belangrike uittreksel uit die les:
So julle is Uitmekaar—Moenie Paniekerig Raak Nie!
As jy tans uitmekaar is, is dit tyd om stil te raak en nie foute te maak wat jou skeiding sal verleng of dit in 'n egskeiding sal veroorsaak nie.
In plaas daarvan om te kwel
— Prys God!
Toe my eggenoot my jare gelede die eerste keer gelos het, het ek paniekerig gearaak en hom ongelooflik baie gebel. As ek hom nie gesmeek het dat hy huistoe moet kom nie, het ek hom gebel om met hom te baklei want hoe kon hy my so seer maak. Die les sê dat skeiding jou huwelik tyd gee om te GENEES, iets wat my huwelik beslis nodig gehad het, maar deur hom te bel het ek net meer skade aangerig.
Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief nie jou eggenoot te kontak, tensy dit uiters noodsaaklik is nie en glo ek het ook gesê dit is uiters noodsaaklik om hom te kontak, so dink mooi of dit werklik noodsaaklik is... In plaas van om paniekerig te raak of jou te kwel, prys eerder ons kosbare Liefing Here, in my eie lewe het ek gesien om Hom eerder te prys as myself te kwel, gee my 'n vrede wat alle verstand te bowe gaan.
Lees asseblief hierdie pragtige bemoediging uit die les:
Die rede waarom God probleme in jou lewe toelaat, is om jou in 'n posisie te plaas en jou 'n geleentheid te gee om geseën te word!
Ek sluit af met hierdie treffende gedeelte oorvertaal uit "Prison To Praise" ('n boek wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik):
"Die vyand se pyle kan net nie deur die vreugde van iemand wat die Here loof, kom nie. In II Kronieke 20 lees ons hoe 'n hele leër verslaan was toe die Israeliete bloot die Here geprys het en Hom geglo het toe Hy gesê het dat die stryd nie hulle s'n was nie, maar Syne. Die boodskap is vandag net so duidelik. Die stryd is nie ons s'n nie; dit is God s'n. Terwyl ons prys Hom, stuur Hy ons vyande skarrelend weg."
Janine ek het dieselfde foute gemaak, gebel en gesmeek, gebel en baklei, of duisende boodskappe gestuur. Maar nou kan ek ook sien hoe verkeerd dit van my was en dat ek eintlik net rustig moes wees en na die Here toe moes gaan. Ek kon, en kan steeds nie, situasies verander nie, net my Geliefde Here kan in situasies werk en harte draai.