“Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.” (Ps. 121:7).
Van My Beminde - 7 Desember
"Beminde, die Here belowe om jou teen alle gevare te beskerm; daarom moet ons nie vrees nie. Alhoewel dit lyk asof alles teen jou is, alhoewel dit lyk asof slegte dinge jou omring, as jy hierdie belofte kan begryp en omhels, sal jy die vrede voel wat alle verstand te bowe gaan."
Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.
"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18
"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23
"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15
"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2
Lees ook: Dankbaarheidsterapie
Ek is dankbaar my Liefste Here vir die vrede wat U in my hart bring.
Ek is dankbaar dat U my die wysheid en krag gee vir elke dag.
Ek is dankbaar dat U aan al my behoeftes voorsien en dat ek U hoor.
Ek is dankbaar dat U my seën.
Ek is dankbaar dat ek ander vrouens van U liefde kan vertel en hulle kan bemoedig.
Ek is dankbaar vir my gesin, en omdat U in beheer is.
Ek is dankbaar dat U my beste vriend is.
I am thankful that my Heavenly Husband has begun the good work in me.
I am thankful for the grace that has rescued me from a pit of miserable inferior self-esteem.
I am thankful that my Heavenly Husband has given me the opportunity to make three Christmas crafts for my home. They turned out well.
I am thankful that I receive wisdom from my Lord to draw ever closer to Him.
I am so thankful for the wise lesson of accepting His Word, which gives me peace and tranquility.
I am thankful that I can come to Him with all my worries.
~~~
Ek is dankbaar dat my Hemelse Man die goeie werk in my begin het.
Ek is dankbaar vir die genade wat my uit ‘n put van ellendige minderwaardige selfbeeld gered het.
Ek is dankbaar dat my Hemelse Man my die geleentheid gegee het om drie Kersfees handwerk vir my huis te maak. Hulle het goed uitgedraai.
Ek is dankbaar dat ek wysheid van my Here ontvang om al hoe nader aan Hom te kom.
Ek is so dankbaar vir die wyse les om Sy Woord te aanvaar, wat my vrede en rustigheid gee.
Ek is dankbaar dat ek met al my bekommernisse na Hom toe kan kom.
Ek is dankbaar dat my Liefling Here al die pad saam met my is en ek niks alleen hoef te doen nie.
Ek is dankbaar dat my hart aan Hom behoort.
Ek is dankbaar vir al Sy voorsiening in my lewe en wow Hy sorg werklik so mooi vir my.
Ek is dankbaar vir my familie.
Ek is dankbaar dat al voel dinge soms te veel vir my, dat dit nie te veel is vir Hom om te hanteer nie en dat my toekoms in Sy hande is.
Ek is dankbaar dat ek alles het wat ek nodig het, inteendeel meer en dat dit alles uit Sy hand is.
Ek is so dankbaar vir my Liefling Here se liefde.
O my geliefde, ek is dankbaar:
✨Vir U groot liefde teenoor my lewe en Brincy s’n;
✨ Vir ons gesondheid, vir ons kos, vir ons huis, vir ons stryd en moeilikhede, aangesien dit ons nader aan U gebring het, en daar is geen beter plek om te wees as in U arms van liefde nie;
✨ Vir Brincy se skooljaar wat tot ‘n einde gekom het, en sy het baie goed gevaar, maar alles was moontlik want JY het haar gelei;
✨Vir die sjokolade wat U my gister deur my dogter gegee het, wat ek gesien het as U geneentheid en liefde teenoor my;
✨ Omdat hy ‘n jong man gestuur het om ons land, wat oorgroei was, te onkruid;
Dankie, dankie, dankie!!! Jy is alles wat ek wil hê en nodig het om gelukkig en vervuld te wees.
Lekker Saterdag almal!🌷💕