Onbeplande doop

"En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen." E36:26-27

Saterdagaand lê ek in my bed en ek worstel met myself, moet ek kerk toe gaan Sondagoggend of nie. Ek was so moeg hierdie week, ek kon myself nie kry om op te staan nie. Die rede hoekom ek nie wou kerk toe gaan nie is omdat my eggenoot daar sou wees.

Sondagoggend staan ek op nogsteeds met 'n swaar hart en met die gedagte dat ek nie kerk toe wil gaan nie. Ek maak stadig klaar en vra vir die Here wat ek moet doen? Die Here sit dit toe op my hart dat ek nie kerk toe gaan vir my man nie, ek gaan kerk toe vir Hom.

Na die diens sê my skoonma vir my dat hulle gaan doop, wil ek saam doop? Die Here het al maande terug dit op ons harte gedruk so dadelik het ek gevoel die Here wil hê ek moet gedoop word (veral na alles wat ek met God bepreek het hierdie naweek, en my ouers het my nooit gedoop as baba nie).

Dit was so spesiaal en privaat, al die mense wat vir my so belangrik is was daar. Ek voel so gelukkig, elke keer as ek praat oor my doop, of net dink daaroor bars ek uit in trane omdat ek so dankbaar is teenoor die Here.

Van 'n mismoedige gees, na 'n nuwe gees in een dag! Prys die Here.

Ek wil ook noem dat voordat ek gedoop was het die vyand my gedagtes aangeval, ek het goed gesien, gehoor oor my situasie wat my spoed heeltemal gebreek het. Ek is net so dankbaar dat God my die krag gegee het op deur te druk en eerder op Hom te fokus as op die aardse dinge. Ek het geweet die vyand val my aan deur al hierdie dinge (in 'n halfuur voordat ek gedoop moes word) want hy het geweet Sondag verander God my lewe.

2 thoughts on “Onbeplande doop”

  1. “Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë, en my gedagtes hoër as julle gedagtes. ‘
    Jesaja 55:9
    https://www.bible.com/es/bible/103/ISA.55.9
    Mila, liewe, Ons Here se planne is so groot dat alles in ‘n oomblik verander. Hy het elke plan perfek en nou het Hy jou gevul met Sy Gees en sal jou elke dag meer vrede en Sy teenwoordigheid in jou gee. Wat ‘n seën, so mooi, daardie pragtige geskenk wat Ons Here vir jou gegee het.

  2. Aaahhh kosbare Mila ek is so dankbaar dat jy gedoop is en dat ons kosbare Liefling Here jou krag is, dat jy op Hom fokus.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui