Deur Liefde Gelei

"Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing."IIT1:7

Lewensles Week 71 "Vrees Gelei" sê vir ons dat ons nie deur vrees gelei moet word nie, maar deur liefde.

Vir so ongelooflik lank was ek deur vrees gelei. Ek het altyd die ergste gevrees en my lewe het bestaan uit wat as dit of dat gebeur (vrees geleide gedagtes). Omdat ek so deur vrees gelei was, het dit net meer en meer gevoel asof my hele lewe uitmekaar val en ek konnie sien dat daar ooit iets goeds uit die seer uit kon kom nie, want ek het bly vrees vir die slegste.

Vandag is ek dankbaar dat my Liefling Here my van daardie vrees verlos het. Ek word nou deur liefde gelei omdat ons kosbare Liefling Here die hele betekenis van liefde is en Hy die Een is wat my lei. En ek kan getuig dat die oomblik toe ek toegelaat het dat ek deur Liefde gelei word, het my hopelose siutasie in Hoop in verander. 

Kosbare vrou vertrou die Here en laat Hy jou in liefde lei en moenie deur vrees gelei word nie.

"Volmaakte liefde het nie plek vir vrees nie; volmaakte liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volmaakte liefde bemeester nie." 1J4:18

2 thoughts on “Deur Liefde Gelei”

  1. Dankie dat jy hierdie gedeel het Janine. So ‘n week of twee terug het dit vir my ook gevoel of alles verkeerd loop, maar ek het nie een keer geworry oor enige iets nie (wat baie vreemd is want ek’s ‘n persoon wat alles oordink), ek het letterlik dag vir dag gevat, een dag sit ek buite en dink vir myself ek begin worry omdat ek nie meer worry nie hahaha maar nou verstaan ek beter, God het my verlos van die negatiewe (gedagtes van vrees) en my deur liefde gelei.

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Mila, ja dis ons kosbare Liefling Here wat jou verlos van alle vrees. Juis oor die feit dat Hy ons toekoms in Sy hande het en vir ons planne van voorspoed het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui