Vry Van Die Skande Van Sonde

"U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp." P86:5

Vir so lank het ek die skande van al my sonde saam my gedra, wat natuurlik 'n ongelooflike swaar las was. Ek wens ek kan sê ek het nie baie sondes gehad nie, maar ek kannie. Ek sal nooit vergeet toe 'n kosbare vriendin vir my gesê het dat ek vergewe is en nie my sonde hoef aan te haal nie (vandag weet ek, ek haal dit net aan as dit iemand anders kan help).

Na die lees van Lewensles Week 70 "Daar is Geen Skande Nie" is ek net weer herinner dat ons nie die skande van ons sonde saam met ons hoef te dra nie.

"Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid." 1J1:9

Kosbare vrou onthou as jy jou sondes bely het, is jy vergewe, jy hoef nie die swaar las van jou sondes saam met jou te dra nie.

8 thoughts on “Vry Van Die Skande Van Sonde”

  1. Liewe Janine,
    Hierdie verse het my vandag so baie geraak. Ek is op my laat gaan reis en ek het die Here gevra om my te lei. Ek kan so baie praat, met almal wat wil hoor, oor my verlede en my foute wat ek gemaak het. Hier het ek besef ek moet dìt ook laat gaan!
    Al weet ek, ek is vergewe het ek dit steeds saam met my gedra.
    Hoe amazing is ons God nie om ons gebede te beantwoord op maniere wat ons nie besef Hy sal antwoord nie.

    1. Ahhh kosbare Betty, dis presies wat ek gedoen het, ek wou net my verlede aan almal belei, en daardie dag toe my vriendin sê ek hoef dit nie aan almal te belei nie, het ek net ervaar die Here het haar gestuur en dat ek dit moet laat gaan. Jy is vergewe, jy is ‘n nuwe mens saam met ons kosbare Liefling Here. Hy is rerig wonderlik!

  2. Dankie liefste Janine, dit het my ook lank gevat om hierdie waarheid regtig te verstaan. As ons sondes vergewe is, HOEF ons nie die las van skuld saam met ons te dra nie. Ons Geliefde Here verwyder ons sondes so ver as die ooste van die weste, hoekom wil ons dan so graag onself met skuld martel of toelaat dat die vyand ons kort-kort herinner aand ons sondes? Hy het ons dan so liefgehad dat Hy Sy Seun aan die kruis laat sterf het vir ons sondes, daarom hoef ons nie die las te dra nie.

    1. Jy is so reg kosbare Adina, hoekom wil ons, onsself dan so martel. As die vyand my herinner aan my sondes, dan sê ek hardop ek weier om daaraan te dink, ek is vergewe, want ek is!

  3. Fil. 3:13-14 “Maar een ding is seker : ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee.”

    1. Wow ek love hoe die Here werk, ons het videos gedeel oor hierdie vers op ons Telegram groepies, is die Here nie net wonderlik nie!

  4. Liefste Janine,
    Ek is so dankbaar dat jy hierdie les en verse gedeel het want vandag (spesifiek vandag) worstel ek met iets wat 5 JAAR terug gebeur het, dit speel oor en oor in my kop, ek kry skaam net om daaroor te dink.

    MAAR toe lees ek hierdie woorde: “Kosbare vrou onthou as jy jou sondes bely het, is jy vergewe, jy hoef nie die swaar las van jou sondes saam met jou te dra nie.”

    Ek het nou-net hier waar ek sit voor my lessenaar by die werk my kop gesak en my sonde bely en my las vir God gegee, ek gaan nie hierdie deur meer vir die vyand oop hou nie.

    Dankie vir hierdie herinnering. Daar was ‘n rede hoekom ek nie gister hierdie gelees het nie, maar VANDAG!

    PSALMS 32:5 AFR83
    Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Voor die Here bely ek my opstandigheid;” en U het my skuld vergewe. Sela

    https://bible.com/bible/6/psa.32.5.AFR83

    1. Kosbare liefste Mila, ek weet ons kosbare Liefling Here het jou vergewe en ek is so dankbaar dat jy daardie las vir Hom gegee het. En sodra die vyande jou herinner soos hy my herinner dan sê jy ek is vergewe so ek weier om daaraan te dink.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui