Ek Het Gevoel My Hart Gaan Nooit Ooit Genees Nie

"Waarom hou my swaarkry nie op nie? Waarom word my wonde nie gesond nie? Soms voel dit vir my of ek nie seker kan wees dat U my sal help nie. Dit is soos ’n stroompie waarvan jy nie altyd seker is dat daar water in sal wees nie.” J15:18(DB) 

Hierdie Bybelvers is presies hoe ek gevoel het toe my eggenoot my los, maar vandag kan ek werklik getuig dat dit beslis nie vir altyd aanhou nie. Ek het aanhou bid dat die seer net sal stop, so kosbare vrou ek wil jou bemoedig deur te onthou dat daar krag in gebed is.

Ek sê altyd daar is nie 'n persoon wat meer gehuil het as ek nie en die wat my baie goed ken sal daarvan kan getuig. Maar vandag kan ek getuig dat ons kosbare Liefling Here my hart genees het met Sy EWIGE LIEFDE en ek weet Hy wil dieselfde vir jou ook doen, indien jy 'n gebroke hart het en dit voel of al die seer en krisisse net nie wil stop nie.

Lees asseblief vanoggend se oggend toewyding wat so mooi hierby aansluit en asseblief besoek ook ons Krisis Hoekie.

"Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde." P147:3

2 thoughts on “Ek Het Gevoel My Hart Gaan Nooit Ooit Genees Nie”

  1. Baie dankie Liefste Janine dat jy ons weer herinner het aan die Here se liefde vir ons en dat hy àltyd daar is vir ons en règ is om ons in elke situasie by te staan en te steun.
    Sy hand is elke oomblik na ons uitgesteek, al wat ons moet doen is om Sy hand te neem en hy sal ons elke keer voor die vyand wegruk en ons toevou met Sy liefde en vrede.

    1. Is dit nie wonderlik kosbare Betty dat Sy hand werklik na ons toe uitgesteek is en ons hierdie pad glad nie alleen hoef te stap nie. Ek is so dankbaar dat ons kosbare Here ons vrede in alles is, ek wil nooit ooit weer sonder Hom wees nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui