Ek Het Altyd So Ongelooflik Alleen Gevoel…

"God self het gesê: 'Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.'" H13:5 

Nadat ek My Eerste Liefde "Nader as 'n Broer" gelees het, het ek terug gedink aan toe my man my net gelos het. Ek het letterlik elke naweek omgehuil en ongelooflik alleen gevoel. 

Vandag dink ek ook terug toe ek baie jonger was en altyd met die Here gesels het, want ek het geweet Hy is reg langs my. Ek weet nie waar het ek fout gegaan nie, maar ek weet ook ons kosbare Liefling Here gebruik alle seer en krisisse in ons lewens ten goede, so Hy het dit vir 'n groter rede toegelaat. En vandag voel ek nie meer alleen nie, want ons kosbare Liefling Here is my Eerste Liefde.

Ek haal hierdie pragtige gedeel uit die les uit aan:

Voel JY ooit alleen?

Is JY ooit bang?

Voel JY ooit asof niemand verstaan nie?

Wel dan…Raai wat? Dit is die bepaalde tyd. Jy het hierdie storie gelees en/ of na geluister omdat dit jou Godsgerigte Afspraak is. Daar is iemand wat vir jou gewag het. Iemand Wat op die punt is om alles wat geen sin vir jou gemaak het of wat jou ten GOEDE seergemaak het te gebruik.

Kosbare vrou as jy nog nie hierdie pragtige les vir kinders gelees het nie, lees dit asseblief, ons almal het wonde van kindertyd af en ons kosbare Liefling Here wil ons in elke area genees. Hy is reg langs jou, jy hoef nooit weer te vrees of bang te wees nie en Hy is beslis die Een wat jou verstaan. Hy wag om jou hand te vat en hierdie pad saam met jou te stap.

2 thoughts on “Ek Het Altyd So Ongelooflik Alleen Gevoel…”

  1. Dankie liefste Janine, ek kan vereenselwig met wat jy gedeel het oor die naweke omhuil, dit was vir my net so erg nadat my vm my verlaat het en skielik is jy elke tweede naweek alleen. Maar nadat ek die Here as my Beste Vriend gevind het, waardeur ek die tyd alleen saam met Hom!

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Adina, ja om die Here as mens se Beste Vriend te vind, is werklik lewensveranderend.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui