Ek Is Skuldig…

"Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie." E2:9 

Na ek Leef Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 11 het ek terug gedink aan die honderde kere wat ek my eie plannetjies gemaak het en ons Liefling Here wou help omdat ek ongeduldig was.

Maar dis 'n baie groot feit dat die Here nie ons hulp nodig het nie! Hy gaan nie toelaat dat ons Hom help sodat ons trots kan wees dat ons dit reggekry het nie, terwyl Hy al die glorie verdien.

En as ek nou terugdink het my eie plannetjies net 'n groter gemors gemaak, van my finansies tot selfs my huwelik. Ek onthou toe ek die ander vrou gebel het en haar gevra het om my man asseblief uit te los (ja ek weet dis verskriklik). Nie net het ek desperaat gelyk nie, dit het haar in 'n beter lig gestel en saam met dit was sy familie kwaad vir my, want sy het vir my skoonsussie gewerk en ek het nie die reg gehad om dit te doen nie. My punt is, ek moes alles net vir ons kosbare Here gelos het, wat baie beter geweet het hoe om dit uit te sorteer. Of soos die keer toe ek twee lenings een gemaak het om my paaiment te verminder, maar ek is na al die jare nog steeds besig om dit af te betaal, alweer my eie planne, in plaas daarvan om ons kosbare Liefling Here se hulp te vra (wat ek natuurlik na my gemors gedoen het en ek glo een van die dae uitgesorteer sal word deur Hom).

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om die Here te vertrou, Hy weet presies wat Hy doen. Jy kan alles net in Sy hande los en jy hoef niks van jou eie plannetjies te maak nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui