My Hart Is Genees

"Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee." E36:26

Net soos die skrywer van Leef Die Oorvloedige Lewe, in Hoofstuk 10 skryf dat sy haar verwonder hoe die Here haar genees het van 'n verskriklike "wond van die hart" is ek verwondered. 

Mense wat my baie goed ken sal kan sê hoe baie ek gehuil het. Ek het gedink dat my gebreekte hart nooit ooit weer sal genees nie. Ek het oor en oor my hulp by mense gesoek wat my nie kon help nie. Ja ek het vergeet wat ons Groot Geneesheer kan doen en dat Hy enige hart kan genees, selfs myne! Vandag kan ek getuig, my Liefling Here het my hart genees en vir my 'n nuwe hart gegee!

So kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om al jou seer na ons kosbare Liefling Here toe te neem, Hy wil jou hart genees en weet presies hoe om dit te doen!

"Hy genees die gebroke hart, en verbind hulle wonde." P147:3

2 thoughts on “My Hart Is Genees”

  1. Ek het ook gedink my hart sal nooit genees na my huwelik in egskeiding geeindig het nie, ek het gedink ek sou nooit weer vreugde kon ervaar nie… MAAAR ons Geliefde het my uit die pit van seer getrek en al my wonde genees! Nou kan ek net terugkyk in verwondering oor hoe Hy my genees het en weer vreugde in my hart gesit het!

    1. Ja is dit nie wonderlik hoe ons kosbare Here ons wonde genees het nie kosbare Adina, genesing wat net Hy ons kon gee.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui