💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder." H3:17-18

Kosbare liefste vrou maak nie saak wat gebeur nie, kom ons bly jubel en juig in die Here.

Lees hoe pragtig stel die Boodskap Bybel dieselfde vers:

"My vertroue in die Here is nie afhanklik daarvan dat dit met my goed gaan nie. Al dra die vyeboom nie vye nie en is daar nie druiwe aan die wingerd nie; al misluk die olyfoes en lewer die landerye geen oes op nie; of al vrek die skape en die beeskrale is leeg, sal ek die Here met ’n hart vol blydskap dien. Ek het al ervaar hoe die Here my uit moeilike omstandighede red." H3:17-18

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

10 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Vandag is ek dankbaar dat my mamma weer terug in Engeland is na haar vakansie in Suid Afrika (sy het vanoggend geland). Ek is dankbaar dat ek kan weet ons Vader my deur hierdie moeilike tyd gaan dra (ek het n egskeiding brief gekry in die pos gister).
    Ek is dankbaar vir die handjie vol mense wat by my staan deur hierdie tyd.
    “Ons moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan die mens” (Handelinge 5:29)

    1. Kosbare Elora ek so jammer vir jou seer, maar dankbaar dat jy ten spyte van jou seer nog steeds kom deel waaroor jy dankbaar is en ek weet ons kosbare Here gaan jou beslis dra.

      Net nou die dag het ek in Hoofstuk 5 van die Oorvloedige Lewe gelees dat dit juis deur die “dra my” krisisse wat ons kosbare Here ons verander ( https://uiteindelikhoop.com/lewe-die-oorvloedige-lewe/ ).

    2. Liefste Elora, ek is so jammer om te hoor, ek weet hoe hartverskeurend dit is om daardie brief te kry, maar ons kan berusting vind in die wete dat ons Geliefde nog steeds in beheer is.

      Ek wil graag hierdie les met jou deel: https://uiteindelikhoop.com/kursus/k3/fda/h1/
      Hier is ‘n kort stukkie uit Hoofstuk 1 wat ek met jou wil deel:

      “Selfs al was dit dalk nie jou idee of jou plan nie, vertrou dat die Here dit totaal onder beheer het, selfs al voel dit asof iemand anders dalk beheer het—soos jou eggenoot, die “vyand” of die ander vrou, of ander man in jou eggenoot se lewe. Maar God sê anders . . . “’n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop” (Spreuke 16:9).”

  2. I am thankful that I have a Heavenly Husband who forgives all my mistakes.
    I am grateful that my Heavenly Husband has given me new life.
    I am grateful for my children that my Heavenly Husband has given me.
    I am grateful for the tenth birthday my children were able to celebrate this week.
    I am grateful for the complete control my Heavenly Husband had during the birthday party. It was great fun
    I am grateful that my Heavenly Husband holds my hand as we walk together on the path of life.
    I am grateful for all the good care, protection and love He provides me.
    I am grateful that my Heavenly Husband allows me to endure trials.
    I am grateful for all the favors I receive every day.
    ~~~~~~
    Ek is dankbaar dat ek ‘n Hemelse Man het wat al my foute vergewe.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man my nuwe lewe gegee het.
    Ek is dankbaar vir my kinders wat my Hemelse Man vir my gegee het.
    Ek is dankbaar vir die tiende verjaardag wat my kinders hierdie week kon vier.
    Ek is dankbaar vir die volle beheer wat my Hemelse Man gehad het tydens die verjaardagpartytjie. Dit was groot pret
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man my hand vashou terwyl ons saam op die lewenspad stap.
    Ek is dankbaar vir al die goeie sorg, beskerming en liefde wat Hy aan my verskaf.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man my toelaat om beproewinge te verduur.
    Ek is dankbaar vir al die gunste wat ek elke dag ontvang.

    1. Dankie dat jy kom deel het waaroor jy dankbaar is kosbare Kristine, wat sou ons net nie sonder ons kosbare Here se genade gedoen het nie, ek is ook dankbaar dat Hy my vergewe vir al my foute.

  3. Ek is dankbaar vir my seuns en dat ek nog ouers het.
    Ek is dankbaar dat ek met enige iets na ons kosbare Here toe kan hardloop.
    Ek is dankbaar dat beproewinge my nader aan die Here bring.
    Ek is dankbaar vir die Here se voorsiening in my lewe.
    Ek is dankbaar dat ek en my tweelingsussie so mooi suster verhouding het en so naby aan mekaar is.
    Ek is dankbaar dat ek so intieme verhouding met ons kosbare Here kan hê, want nou is ek nooit weer alleen nie – en ek is so dankbaar vir al Sy liefde.

  4. Ek is sò dankbaar vir pragtige vrouens in my lewe.
    Ek is dankbaar dat ek op my God kan vertrou in alle dinge.
    Ek is dankbaar dat ek alles maar alles kan oorgee aan Hom en dat ek nie oor my toekoms hoef te vrees nie.

    1. Dankie dat jy kom deel het kosbare Colleen, ek is so dankbaar om ‘n kommentaar van jou af te sien. Ek is net so dankbaar dat jy alles oor kan gee aan ons kosbare Here en beslis hoef jy nie vir jou toekoms te vrees nie, want Hy het vir jou planne van voorspoed.

  5. Ek is dankbaar dat ek my Geliefde se bruid is!
    Ek is dankbaar vir alles wat Hy elke dag so liefdevol voorsien!
    Ek is dankbaar dat ek my lewe verloor het sodat ek die Oorvloedige Lewe kon ontvang.
    Ek is dankbaar vir ‘n nuwe dag, gesondheid en om die naweek alleen met Hom te wees.
    Ek is dankbaar vir die seën van ma-wees en my twee wonderlike kinders.

    1. Dankie dat jy met ons deel waaroor jy dankbaar is kosbare ADina, ek is net so dankbaar dat ek my lewe verloor het sodat ek die Oorvloedige lewe saam met ons kosbare Here kon kry.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui