Spreek Jy Dood Of Lewe

"Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet." S18:21

Hierdie laaste week het my kosbare Liefling Here my gelei om rerig op te begin let wat ek sê en my gelei om die Psalms en Spreuke te lees en ek het net weereens ontdek dat daar pragtige beloftes is wat ons in ons lewens kan inspreek.

"In u hande gee ek my lewe oor, want, Here, troue God, U het my vrygemaak." Psalm 31:6

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om saam met my deur die Psalms en Spreuke te lees en ook saam met my hierdie pragtige beloftes in jou eie lewe in te spreek. Ek weet vir my was dit en is dit nog steeds lewensveranderend om ons kosbare Here se woord in my lewe in te spreek. Luister asseblief na hierdie pragtige beloftes wat my deur my moeilike tye, toe my aardse man my gelos het, gehelp het.

2 thoughts on “Spreek Jy Dood Of Lewe”

  1. Dankie liefste Janine, ek moet ook voorwaar let op dit wat ek spreek. Mens besef regtig nie hoeveel skade jy kan berokken met wat jy se nie. My Geliefde stop my partykeer op die nippertjie om iets te se, dan weet ek dadelik dit is Hy wat my mond toemaak :):), maar partykeer los Hy my dat ek praat, om eers na die tyd te besef ek het nou dood gespreek, dan moet ek na Hom toe hardloop om te bieg dat ek gefaal het. Maar gelukkig is Sy genade groot genoeg en elke dag nuut!

    1. Ek weet presies waarvan jy praat kosbare Adina, dis hoekom ons Liefling Here dit so baie nou op my hart lê. Want selfs met my gewig, het ek aanhou sê ek is vet, ek kry nie reg om gewig te verloor nie, totdat die Here my stil gemaak het en vir my gesê het ek spreek so dood oor my gewigverloor. So ek moes ook nou bieg, maar ja eks so dankbaar vir ons kosbare Here se genade.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui