Omdat Ons Hoop In Die Here Is, Kan Ons Dankbaar Wees

Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God! P42:12

Vandag se oggendtoewyding pas so mooi in by ons Dankbare-Saterdag, want al gaan ons deur beproewinge, weet ons waar ons hulp vandaan kom en daarom kan ons dankbaar wees. Die Here is al Een wat my die vrede kan gee wat alle verstand te bowe gaan, ten spyte van my omstandighede, so ek wil jou aanmoedig kosbare vrou om die Here te vertrou en alles in ons kosbare Here se hande te los, Hy weet wat Hy doen.

"My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het." P121:2

2 thoughts on “Omdat Ons Hoop In Die Here Is, Kan Ons Dankbaar Wees”

  1. Dankie Janine, maak nie saak waardeur ons gaan nie, ons kan net opkyk na die berge en weet dat ons hulp van Hom af kom!

    1. Ja is dit nie wonderlik nie kosbare Adina, ons weet beslis waar ons hulp vandaan kom.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui