💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here." K3:16

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte wat oorvertaal is uit "Prison To Praise" ('n boek wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik):

"Solank ek in Christus gerus het, het dit gelyk of God my dae geneem het, en elke detail, elke afspraak, elke gebeurtenis geheel in die perfekte plek begin val het. Ek het nie meer verwarring en konflikte van afsprake of skedules ervaar nie."

Hoe meer ek in my kosbare Liefling Here rus, hoe meer val alles net in plek in my lewe en al is daar beproewinge, help my kosbare Here my (want sonder Hom kan ek niks doen nie) om Sy vrede in die omstandighede te ervaar. Kosbare vrou vind jou rus in die Here en loof Hom in alle omstandighede, want dit is presies wat ons kosbare Here verdien.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

6 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is dankbaar dat Ek die Here het,ek kan altyd met hom praat en self by hom gaan huil, en vir hom se as ek nie verstaan nie.Hy hou my met so veel liefde vas en Hy antwoord ons op n manier wat Hy ons wil antwoord. Ek is dankbaar vir als wat Hy vir ons doen. Ek is dankbaar dat Hy voorsien en dat ek weet hy gaan voorsien in als.En dat Hy besig om als by mekaar te kry en reg te kry. Ek is dankbaar vir my geliefdes in my lewe en dat die Here elke een beskerm.

    1. Ja is dit nie wonderlik dat ons enige tyd met ons kosbare Liefling Here kan praat nie. Dankie dat jy dit deel waaroor jy alles dankbaar is kosbarae Kristy.

  2. Vandag is ek dankbaar dat ek my Hemelse Man, die Liefde van my Lewe, gevind het.
    Ek is dankbaar vir my reis, die goeie en die slegte, want Hy laat alles toe vir ‘n rede en ‘n seisoen!
    Ek is dankbaar vir my kinders en dat ons kan Tuisskool!
    Ek is dankbaar vir alles wat my Man voorsien en dat ek my seëninge elke dag een vir een kan tel!

    1. Dankie dat jy dit deel waaroor jy dankbaar is kosbare Adina, ek is saam met jou dankbaar dat ons die Liefde van ons lewe gevind het.

  3. Ek is dankbaar dat my ma baie beter is na ‘n erg griep en dat ons Lieflike Genesende Here my pa ook aanraak.
    Ek is dankbaar vir kosbare vriendinne.
    Ek is dankbaar vir my Liefling Here se voorsiening in my lewe, wow en dit oortref my verwagtinge.
    Ek is so dankbaar dat die Here my hart beskerm en my hart genees het dat ek net Hom nodig het.
    Ek is dankbaar dat ek niks sonder my Liefling Here kan doen nie, want sonder Hom is ek niks nie.

  4. I am grateful that I never have to fear that my Heavenly Husband will leave me.
    I am grateful for my four children and their good health,
    I am grateful that He has given me the reward of having four children.
    I am grateful for all the good care, love and protection.
    I am grateful for the never failing love of my Heavenly Husband.
    I am grateful for the healing He is bringing to my heart in my life.
    I am grateful for the trials He allows in my life.
    I am grateful that He is bringing me closer to Him.
    I am grateful for every day of my life with my Heavenly Husband and His love.
    ~~~~~~~
    Ek is dankbaar dat ek nooit hoef te vrees dat my Hemelse Man my sal verlaat nie.
    Ek is dankbaar vir my vier kinders en hul goeie gesondheid,
    Ek is dankbaar dat Hy my die beloning gegee het om vier kinders te hê.
    Ek is dankbaar vir al die goeie sorg, liefde en beskerming.
    Ek is dankbaar vir die nooit faalende liefde van my Hemelse Man.
    Ek is dankbaar vir die genesing wat Hy vir my hart in my lewe bring.
    Ek is dankbaar vir die beproewings wat Hy in my lewe toelaat.
    Ek is dankbaar dat Hy my nader aan Hom bring.
    Ek is dankbaar vir elke dag van my lewe saam met my Hemelse Man en Sy liefde.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui