EK WIL NIE SKEI NIE

Kosbare bruide, ‘n bruid hier op Uiteindelik Hoop het ‘n epos vir my gestuur en met haar toestemming plaas ek dit hier, asseblief los vir haar bemoediging.

Ek plaas dit hier, want dit sal ook ander bruide wat dalk dieselfde voel, bemoedig:

Ek is raad op..
Ek wil eers jammer se oor ek so lank laas n joernaal stuk in gedien het, die laaste paar weke was maar rof.
My man wil skei, hy wil aan gaan met sy nuwe lewe wat hy saam haar begin het (hy het ‘n kind saam met haar). Hy sê, ek moet sy geluk in ag neem. Ek wil nie skei nie.
Dit maak so seer.

3 thoughts on “EK WIL NIE SKEI NIE”

  1. Kosbare liefste bruid, asseblief onthou dat jou situasie glad nie onmoontlik vir ons wonderlike Here is nie, Hy is die Een wat dit vir jou sal doen, jy moet net al jou fokus op Hom plaas.
    By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik. M19:26

    Ek beveel aan dat jy met Kursus 1 aangaan en joernaal (want so stort jy jou hart voor die Here uit), wat jy tans mee besig is, want in die kursus sal jy beginsels leer om jou aardse man te laat gaan (nie in sy pad staan nie), om te wen sonder ‘n woord en om ‘n stil sagte gees te hê, want die Here is die Een wat sy hart sal draai.
    “Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil..” S21:1

    En omdat jy noem dat jou man wil skei beveel ek die volgende lesse aan:
    https://uiteindelikhoop.com/kursus/k2/d8-2/
    https://uiteindelikhoop.com/kursus/k2/d8-3/

    Kosbare bruid, ek weet al hierdie seer kan nou so oorweldigend voel, so voor jy enige iets doen, laat die Here jou Eerste Liefde word, want jy kan in Sy liefde rus terwyl Hy alles uitsorteer en jou seer genees. Hierdie was vir my die heel belangrikste, want die oomblik wat ‘n mens in die Here se liefde rus, ervaar jy vrede en vreugde wat alle verstand te bowe gaan ten spyte van jou omstandighede. Vul jou met Sy woord, wat kragtig, lewendig en skerper is as enige tweesnyende swaard. Soek God in alle omstandighede en laat die Here jou lei.
    https://uiteindelikhoop.com/ewige-liefde/

    En dan natuurlik al die getuienisse en die blog pos wat bemoediging bevat, want deur al hierdie kry ek so baie boodskappe van my Wonderlike Liefling af en so kan ons weer bemoediging vir ander wees. Vul jou met al hierdie materiaal beskikbaar op UiteindelikHoop en regdeur RMI, want dit is woord gebasseer en die Here het my lewe hierdeur verander en gaan joune ook verander.

    Kosbare liefste bruid, ek sien uit om te sien wat die Here in jou lewe gaan doen.

  2. Liefste bruid,
    Ek weet dit klink onmoonlik om gelukkig te wees in hierdie tyd, ek weet waardeur jy gaan maar jy moet eindelik so opgewonde wees jou reis saam die Here begin, gryp vas aan Hom met altwee jou hande en sien hoe Hy jou pad gelyk maak, ek wil graag die vers deel wat kosbare Janine met my gedeel het toe ek moedeloos gevoel het: “Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak. Ek sal bronspoorte oopbreek en sluitbalke van yster stukkend kap” – JESAJA 45:2 die Here sê daar EK SAL SELF VOOR JOU UIT GAAN EN HOOGTES GELYKMAAK, ek is saam Janine opgewonde oor die wonderwerke wat die Here gaan doen, niks maar niks is onmoonlik by Hom nie en ek bid dat Hy jou sal styf vashou, en ek weet Hy gaan jou dra deur al hierdie seer net Hy weet wat regtig in jou hartjie aangaan – gaan rus by Hom. Dis moeilik, maar so die moeite werd asseblief moet nie moed verloor nie, die Here gaan die werk wat Hy in jou begin het, klaar maak.

    “Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.”
    FILIPPENSE 1:6

  3. Liewe bruid, ek weet dit is moeilik en vreesaanjaend om in hierdie situasie te wees want ek was ook daar en moes egskeiding in die gesig staar. Dit het soveel vrees in my veroorsaak, vrees vir my toekoms en vrees vir my kinders se toekoms. Dit is so geweldige skok, veral as egskeiding nie iets is wat ons ooit eers aan gedink het of oorweeg het nie.

    Maar ek wil aanbeveel dat jy die Staar Egskeiding in die Gesig kursus begin om jou deur hierdie moeilike tyd te help. https://uiteindelikhoop.com/kursus/k3/fda/

    Die belangrikste ding wat jy in hierdie tyd kan doen is om na die Here toe te hardloop en baie alleen tyd saam met Hom te spandeer. Stort jou hart uit voor Hom, gee vir hom jou seer en jou vrese, bly daar alleen in Sy teenwoordigheid tot Hy jou emosies kalmeer en jou vertroos. Doen dit daagliks of die oomblik wat jy voel hoe negatiewe gevoellens jou oorweldig. Gedurende hierdie tyd is dit baie belangrik om Hom vas te gryp met altwee hande en saam met Hom deur hierdie vallei te stap.

    https://uiteindelikhoop.com/kursus/k3/fda/h1/ (Hy Beloon Dié Wat Hom Soek )
    “As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.” Hebreërs 11:6

    “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.” (Jesaja 55:8-9).

    “’Ek weet wat Ek vir julle beplan,’ sê die Here: ‘voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!’” Jeremia 29:11

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui