Ek was opsoek na ‘n nuwe leesplan, en vanoggend kom ek af op die leesplan: “knowing God’s Heart” en dit was iets wat ek nodig gehad het om te hoor. Die laaste twee dae was ek weer in ‘n geveg met myself, ek het nie gedink voordat ek iets doen of gedink voordat ek iets se nie, ek het soms so verkeerd reageer omdat ek soveel seer weer het wat binne my borrel, maar in ‘n oomblik se die Here vir my raak stil, raak rustig en dis toe ek hierdie lees: “God se liefde word nie geaffekteer wanneer ons verkeerde dinge doen nie. Hy is nie verbaas of teleurgestel as ons misluk nie.” WOW, en dit is presies hoe ek gevoel het, elke keer wat ek iets verkeerd gedink of gedoen het dan se ek vir myself agnee die Here is seker so teleurgestel in my, NEE Hy is nie die vyand wil he jy moet so dink, ons God is liefde Hy is sinoniem met liefde. God het sy enigste seun aarde toe gestuur om vir my en jou te sterf. Jesus het vir ons gesterf terwyl ons nog sondaars was. Dis nie nodig dat ons eers met God regmaak voordat ons na Hom toe kan gaan nie. Die manier waarop ons met Hom regmaak, is om eenvouding net na Hom toe te gaan. Dit is hoe lief Hy ons het. Die Here ken jou hart, hy weet wat regtig in jou hart is en Hy het geweet hierdie was iets wat ek moes hoor, dankie my liefling! ❤️❤️❤️❤️
Dankie vir die mooi getuienis kosbare Mila, dis so wonderlik dat niks die Here onkant vang nie en dat Sy liefde van niks wat ons doen afhang nie, Hy het ons werklik onvoorwaardelik lief. En as ons verkeerd optree, is Hy die Een wat ons oortredinge van ons af verwyder:
So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af. P103:2