LIEFSTE BRUID BEMOEDIGING – 2

Lees asseblief die mooi bemoediging wat kosbare Betty vir bruide los, nadat sy Kursus 2: Dag 1 Verseker jou Sukses 1, gedoen het. Dit het my so geraak waar sy sê jy hoef nie te wees waar jy is nie. Ek onthou toe ek so vasgevang in my eie seer was, dat dit letterlik gevoel het of my hart breek, ek het 'n fisies hartpyn beleef, maar sy is reg ons hoef nie te wees waar ons is nie, want die Here is die antwoord, want terwyl die Here ons omstandighede vir ons verander, kan ons in vrede en vreugde wat alle verstand te bowe gaan, wag:

Liefste Bruide,
Dis tyd om jou gedagtes te "reset". Om daardie "reset" knoppie te druk! Jy hoef nie te wees waar jy is nie.
Niks wat jy se of doen, kan die situasie verander nie. Net God kan!
Loop die pad saam met Hom en Hy sal die paaie voor jou gelyk maak.
"Vind jou vreuge in die Here, en Hy sal jou gee wat hou hart begeer."
As jy begin om jou pad saam met die Here te stap, sal jou begeertes ook begin verander na Sy begeertes vir jou.
Sit jou eie begeertes eenkant en begin konsentreer op God se begeertes.
Betty in Suid-Afrika

2 thoughts on “LIEFSTE BRUID BEMOEDIGING – 2”

  1. Dankie dat jy dit deel Janine, ja ons hoef nie te bly waar ons is nie. Ons hoef nie gebroke en depressief te wees oor ons situasie nie, nie as ons ‘n Hemelse Man het waarna ons kan hardloop met al ons hartseer nie!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui