Asseblief lees die uittreksels uit die boek 'n Wyse Vrou - Hoofstuk 5, aangaande vas en luister asseblief na my getuienis oor Vas.
'N WYSE VROU - HOOFSTUK 5 (GEDEELTE OOR VAS)
Gebed en vas. Jesus het vir die apostels gesĂȘ, âMaar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas
nieâ Matt. 17:21 AFR53. As jy vurig gebid het en jou weĂ« gesuiwer het, dan kan vas nodig wees. Daar is
verkillende lengtes van vas.
Drie-dae vas. Ester het âvir gunsâ van haar man, die koning gevas. Sy het vir 3 dae gevas âvir gunsâ. âGaan
maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet
en drink nie. Ek en my kameerpersoneel sal ook vas.â Ester. 4:16. Hierdie vas (of die 7 dae vas) het nog ân
voordeel. Die wat twisgierig is of nie kan ophou praat nie, sal te swak word om te praat. Daarom sal jy leer
om nie te argumenteer nie, en jy sal stiller word.
Een-dag vas. Die een dag vas begin in die aand na aandete. Jy drink net water totdat die 24-uur periode verby
is; dan eet jy die volgende dag se aandete. Jy vas en bid gedurende hierdie tyd vir jou petisie. Die vas kan ân
paar keer ân week gedoen word.
Sewe-dag vas. Daar is ân vas wat vir 7 dae aanhou. Dit wil voorkom asof sewe dae voltooiing voorstel. âBy
die aanhoor van die woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur. Ek het gevas en tot die God van
die hemel gebid.â Neh. 1:4. Gewoonlik is dit gedurende groot smart dat jy âgeroepâ word om vir sewe dae
te vas. Wanneer jy honger of swak is, gebruik daardie tyd vir gebed en om Sy Woord te lees. âMy knieĂ« knak
al soos ek gevas het, my liggaam is uitgeteer en maer.â Ps. 109:24.