Ek wil net vanoggend kom en vir die Here se DANKIE, dankie dat U my elke oggend nuwe krag gee deur al die moeilike tye en dat U my beskerm van dit wat nie van U af kom nie. Dit is vir my so lekker om te weet dat as my hart seer is dat ek na die Here toe kan hartloop, hy verstaan alles, hy weet alles. Sy krag kom tot volle werking wanneer jy op jou swakste is. Vanoggend was 2 Kor 12: 9-10 op my hart en dit het my regtig net weer nuwe moed gegee.
“My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is. Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskuttig kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk” 2 Kor 12: 9-10 (AFR83)
Dis so mooi lofprysing liefste Meagan, ja dis so lekker om te weet dat ons met enige iets na die Here toe kan gaan, want Hy staan gereed om ons by te staan en met enige iets te help, en dis so baie wonderlik dat Hy alles verstaan en alles weet. HY IS ONS HOOP.