DANKIE HERE!

Ek wil vanoggend net weer my lof plaas, ek het vanoggend besef hoe dankbaar ek is dat hierdie so ‘n moeilike week was, met soveel beproewinge. God het vanoggend net weer vir my gewys hoe Hy besig is om aan my te werk, en hoe hy my al verander het, ‘n paar maande terug sou ek die situasies waarin ek myself die laaste paar dae bevind het ongelooflik verkeerd hanteer het, dit is vir my so wonderlik hoe Hy my lei.

Ek wil ook net graag deel dat ek gisteraand ‘n onverwagse boodskap van my man ontvang het, waar hy vir my gevra het kan hy my ‘n guns vra en ek se toe vir hom dat hy natuurlik vir my ‘n guns kan vra – die guns was: “Kan jy asseblief vir my bid!” WOW! Dit is so wonderlik ek is regtig so dankbaar! Dit is ongewoon vir my man om vir my so iets te vra, dit draai net weer terug na die veranderinge wat God in my lewe gemaak het, God het my gees so rustig gemaak dat my man gevoel het dat hy na my toe kan kom as hy onrustig voel. Ek wil net al die eer aan die Here gee vanoggend dat Hy so hard werk in ons almal se lewens! Soos Janine se “vision” die vyand wil he dat jy moet dink dit is ‘n muur voor jou, dit is nie! Dit is net ‘n dik gordyn en die Here is besig om wonderwerke in jou lewe te doen agter daardie gordyn.

3 thoughts on “DANKIE HERE!”

  1. Liefste Meagan, dankie vir hierdie mooi getuienis. Ek is so dankbaar dat die Here jou so mooi lei, al die lof en eer aan Hom.
    Wow wow al die lof en eer aan die Here dat jou man jou gesms het vir gebed, dit is als die Here se werk. My hart loop oor van dankbaarheid wat die Here besig is om te doen, ons dien so wonderlike God.

  2. Dankie dat jy gedeel het Meagan. Hy verander ons so baie op hierdie reis, ons moet net aan ons HM vashou en altyd Sy leiding volg. Hy is by ons deur al die beproewinge. Janine se visioen het my ook deur baie moeilike tye gedra!

  3. Meagan dankie dat jy hierdie lofprys saam met ons deel. Defnitief die Here verander ons op hierdie reis saam met hom. en gee ons so baie vrede in ons harte en in ons huise ❤️❤️❤️

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui