Liewe bruid…

Hierdie moet ek net met almal deel, wat Meagan op een van die skrywes gedeel het. Dit is so pragtig en elke bruid moet dit lees, want dit is so maklik om moedeloos te voel as ons, ons oë van God afhaal:

Liefste Janine, vandag het hierdie regtig aan my hart gevat, vir elke bruid wat dalk vandag moedeloos, kwaad of bitter voel wil ek jou net herinner dat:

God is by jou. Laat jou lewe aan die Here oor, vetrou op die Here en doen wat goed is! Soek die Here, elke dag – as jy swak voel SAL die Here jou krag gee. Vetrou op die Here Hy sal vir jou sorg! As jy woede het en as jy bitter voel gee dit vir die Here, “moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie dit bring net ellende. – Psalm 37:8″ loop jy die regte pad die Here sal jou ondersteun, moet nie laat die vyand jou laaste bietjie hoop en geluk kom steel nie, die vyand is ‘n leuenaar hy wil hê dat jy die negatiewe gedagtes glo, hy wil hê dat dit wat jy DINK jy gesien het die waarheid is, ‘n skielike krisis kom net van die vyand af! Die vyand is kwaad want hy weet dat God jou gaan seën en hy kan NIKS omtrent dit doen nie, as jy voel dat jy geval het STAAN WEER OP EN SÊ: Ek sal jou vetrou God, ek vetrou jou plan vir my lewe, ek vetrou dat JOU tyd die regte tyd is, ek sal in U vetrou maak nie saak wat die omstadighede is nie! Vul jou gedagtes met die woord van God. ” Onderwerp julle dan aan God, staan die Duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug – Jakobus 4:7″ Sit vir God eerste, en die res sal in plek val!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui