Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. J15:5
Erin sê jy kan dit dalk doen, jy kan dit dalk op jou eie bereik en jy kan dit dalk selfs regkry, maar op die ou end as Hy nie die Een is wat dit doen nie, het dit net nie waarde nie. En sy sê as jy net gereeld hierdie een belofte, hierdie een konsep, hierdie een waarheid in jou hart en siel kry en jy oordink en dag en nag sal jy slaag: "SONDER MY KAN JULLE NIKS DOEN NIE".
Sy sê as jy moedeloos voel en jy dink jy kry niks gedoen nie, gee net op en laat die Here dit doen en hou aan om vir Hom te sê jy kan dit nie doen nie en sonder Hom kan jy niks doen nie.