Kosbare vrou ons wil dit vir jou lig en maklik maak om jou tiende en offergawes te betaal en daarom het ons jou hulp nodig met hierdie vraag.
Wat in ander lande werk, werk nie noodwendig vir Suid-Afrika nie en daarom wil ons dit vir jou so maklik as moontlik maak. Ons wil jou graag vra watter betaalmetode jy, jou familie en vriende gebruik vir aanlyn aankope. Byvoorbeeld debietkaart, kredietkaart, PayPal, Google Pay ens.....?
Los asb vir ons 'n antwoord in die kommentaar afdeling.
Kosbare dames,
Ek gebruik gewoonlik my debietkaart want dis makliker. Maar ek het onlangs PayPal begin gebruik want ek voel dis veiliger. Twee van my vriendinne het laasjaar aankope met hul debietkaarte gedoen en net daarna was aanlyn aankope op hulle rekeninge gedoen wat nie hulle was nie. Een van hulle se bedrag was nie klein nie. So, ek is nou maar versigtig daarvoor.
Ongelooflik baie dankie vir jou terugvoer kosbare Betty.
Hello liefste Janine,
Ek gebruik gewoonlik my debietkaart.🤍
Dankie kosbare Mila vir jou terugvoer.
Hallo Janine, ek gebruik PayPal om tiendes te gee. Dit is eenvoudig en veilig.
Dankie kosbare Liza vir jou terugvoer.
Hallo Janine, ek gebruik ook my debietkaart.
Dankie kosbare Yvonne vir jou terugvoer.
Ek betaal ook met my debietkaart, soms doen ek ‘n direkte eft, wat ook vir my vinnig werk.