Wag Op Hom

"Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie." J40:30-31

Hierdie gedeeltes in Lewensles Week 89 "Superheroes Using Superpowers" het vir my uitgestaan:

So, as ons gevra word om te wag, wat ons duidelik regdeur die Bybel sien, en in werklikheid sê Hy dit 154 keer, beteken dit dat ons kan aflei dat dit belangrik is om wag te verstaan ​​as nog 'n verborge skat, 'n lewens les om te leer. Ek glo ons hoef nie net 'n bietjie meer te verstaan ​​nie, maar moontlik, heel waarskynlik, die waarheid daarvan veel meer te omhels.

Dit is omdat wag, in werklikheid, krag is, 'n superkrag wat, wanneer dit ontketen word, jou Vader, God, toelaat om Homself te wys en wat Hy kan doen met 'n ondenkbare spoed en 'n ongelooflike vlak van seëninge sodra die tydperk van wag voltooi is.

Dis ongelooflik hoe ons Liefling Here alweer een van die Lewenslesse gebruik om met my te praat en kan ek net bysê dat dit nie pertoeval is nie!

Vir weke aaneen voel ek so ongelooflik moeg. Ek kom later by die huis kom omdat ek verder bly en ek het ons kosbare Liefling Here gevra dat ek asseblief net weer kan terugtrek na die area waar ek voorheen gebly het (omdat dit nader aan my kind se skool is), maar ek verstaan nou dat my kosbare Liefling Here besig is om my die superkrag van wag te leer - om te WAG OP HOM, want Hy weet wat Hy doen.

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om saam met my die superkrag van wag te ontwikkel en onthou ons kan dit nie sonder Hom doen nie, want Hy is ons Krag en Hy is die Een wat ons sal help om daardie superkrag van wag te ontwikkel.

4 thoughts on “Wag Op Hom”

  1. Baie dankie, waardevolle Jannine, vir hierdie mooi bemoediging. Vanoggend het ek die les van Week 48 ‘Wag Geduldig’ Deel 2 gelees. Dit is soms verstommend hoe ons geliefde ons herinner om geduldig te wag..

    1. Ons kosbare Liefling Here los my elke keer in verwondering hoe Hy hierdie laaste week met my praat deur die lesse, dat ek ook geduldig moet wag. Dis nie altyd een van my sterk punte nie, maar ek weet Hy is besig om my te leer.

  2. Jannine, juis hierdie week het ek vir my Geliefde daardie vers vertel. Mag ek my krag vernuwe, mag ek na Hom toe hardloop, so vinnig dat niks my kan bereik nie. Want wanneer ons so verenig is met Ons Man, kan ons wag, net vertrou op alles wat Hy in ons doen, dat ons ons nie eers kan indink nie. Om te wag vernuwe ons, gee ons krag en ons kan rus en daardie vrede bereik, wat ons nodig het.
    Dankie Bella vir die deel van hierdie les.

  3. Dankie kosbare Liza en ek het nou al self beleef in my wagtydperke dat Hy my nader aan Hom trek en ja ek skop partykeer teen wag, maar elke keer het Hy dit nog die moeite werd gemaak.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui