Waarheen U my lei

My Here, My God. Ek het gisteraand in my bed gele, bietjie verward oor wat die laaste paar dae in my lewe gebeur het. Daar het dinge oor my pad gekom en om eerlik te wees, ek het nie geweet hoe om dit te hanteer en wat om daarmee te doen nie. Ek het met U gepraat daaroor en besef dat ek moet oorgee aan U want U is in beheer. Ek het nie nodig om enige iets te doen behalwe om te gaan waarheen u my lei nie want U weet reeds! My Here, vanoggend loof en prys ek U dat ek met ‘n rustige hart die dag kan ingaan en dat ek nie meer daaroor bekommerd hoef te wees nie want U het dit! Waarheen U my vat, weet ek nie maar ek is hier Here! Ek sal gaan waarheen U my vat!

1 thought on “Waarheen U my lei”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui