Kosbare vrou UiteindelikHoop.com wens jou 'n baie voorspoedige 2025 toe. Met hierdie pragtige belofte van ons kosbare Liefling Here af vir 2025:
"Ek maak hulle en alles rondom my heuwel voorspoedig; Ek laat die reëns val op die regte tyd, reëns wat voorspoed sal bring." E34:26
Onthou ook ons pragtige Vennootbelofte vir 2025 wat ons op ons Kersfees Boodskap gedeel het.
Ek wil jou aanmoedig om 2025 te begin met hierdie woorde:
U is AL wat ek wil Hê
U is AL wat ek Nodig het
Wanneer ek U het, het ek ALLES!
En ek wil jou aanmoedig om hierdie jaar hand aan hand saam met ons kosbare Liefling Here te stap.
Ek sal 'n blywende verbond met hulle sluit. Ek sal nooit ophou om aan hulle goed te doen nie en Ek sal in hulle die begeerte lê om My te dien en nie van My af weg te draai nie. J32:40
Oh dankie, waardevolle Janine, om ons aan hierdie belofte te herinner en ook om ons aan die frases te herinner wat ons elke oggend gesê het totdat ons in Sy arms van liefde gekom het. Vanooggend, terwyl ek met my Beste Vriend gesels het, terwyl die son opkom, het ek hierdie frases vir Hom gesê:
U is alles wat ek wil,
U is alles wat ek nodig het,
Wanneer ek U het, het ek ALLES!
Ek sal dit elke dag weer en weer vir Hom sê.
Dankie dat jy dit deel kosbare Kateleen. Hierdie laaste paar week herinner my kosbare Liefling Here my om al my fokus op Hom te sit en daar woorde help so baie om net weer perspektief te kry Wie die belangrikste is.