Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd;
dit sal gou kom want dit kom beslis.
Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie,
want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.
—Habakuk 2:3
Vanoggend het ek al die verse wat ek uitgelig het in my Bybel, veral in die Psalms, sedert my huwelik in 1991 herstel is, begin lees. Langs hierdie Bybel verse, het ek geskryf “BV” wat beteken Belofte Vervul! Alhoewel ek meer as ‘n uur spandeer het om hierdie verse te merk en te lees, het ek nie op een afgekom wat die Here nie vervul het nie!!
Deur hulle te lees en BV te merk, het ek tyd gehad om te besin en terug te gaan na al daardie dae toe dit gelyk het asof God nooit gaan opdaag nie! Jare van uitroep na Hom toe, jare wat ek gedink het vandag (wanneer ek sou erken dat Hy ieder en elke een van daardie beloftes vervul het) sou nooit arriveer nie. Kosbare mens, as ek nie verkeerd is nie, is dit waar meeste van julle wat die boek lees, nou is. Jy het geglo vir beter dae, beter tye en het werklik jou vertroue in die Here gesit, maar jy wag nog steeds wag, wag, wag...
Sal jy ooit daardie plek bereik van vrede, vooruitgang en (kan jy jouself voorstel?) vreugde in jou lewe? JA! Ek was waar jy nou is vir jare en jare en jare! As ek regtig tyd neem om terug te kyk na my lewe, was ek moontlik in hierdie plek vir omtrent. . .wel, my wiskunde is nie so goed so vroeg in die oggend nie! My hele lewe was moeilik. My beste vriendin, wie ek sedert die agste graad ken, sê sy ken niemand wat enigiets naastenby dieselfde beleef het, as wat ek beleef het nie. Maar omdat ek gereis het en ek so baie van julle persoonlik ken wat in my kerk gemeenskap is, weet ek ook dat daar baie van julle is wat deur veel erger is. Maar ek raai ek was deur genoeg om julle te vertel dat JA, inderdaad dit is die wag werd—en jou wag het ‘n wonderlike, beplande doel!
Soos wat ek terugkyk, was dit die wag wat my gemaak het wie ek vandag is. Die wag het my in staat gestel om die Here te ken soos nou. Ek sou Hom nooit so intiem geken het en sou Hom nooit kon waardeer het, of my lewe, soos ek nou doen nie, sekerlik nie soos ek nodig gehad het om Hom te ken nie. Ek sou nie in staat gewees het om aan dames bediening te gee nie, nie soos wat ek nou in staat is om te doen nie. Ek het gedink deur my voorafgaande huweliks herstel sou ek meer effektiewe bediening kon gee. So toe ek my herstelde huwelik verloor het, het ek gedink my bediening aan vrouens was verby. Tog, soos alle gebrokenheid, is dit deur my onlangse egskeiding wat ek in staat was om aan ontelbaar meer vrouens bediening te gee! En sommige van die “hoekoms” wat ek vir so lank gehad het, is uiteindelik beantwoord. Destyds het ek geglo dat my ministerie gebaseer was op my herstelde huwelik en as ‘n resultaat, wou die vrouens aan wie ek bediening gegee het, dit ook gehad het, wat ek gehad het—’n herstelde huwelik. Tog nou, vandag, sien vrouens my vreugde en my oorvloedige lewe en wil hulle hê wat ek nou het—my Beminde in volle maat! O, kan ons ooit twyfel oor Sy weë of moeg voel (of die hemele behoed) opgee sonder om te wag vir al Sy kosbare beloftes om vervul te word?!
Die goeie nuus vir al julle dames en elke vrou in hierdie wêreld, is dat jy nie hoef te wag vir die vreugde, vrede of voorspoed (of selfs liefde) waarna jy hunker van ‘n man of van dinge of posisies nie. Alhoewel dit my jare geneem het om op hierdie plek in my lewe te kom, was daardie jare net sodat God my kon gebruik om vir jou ‘n super-hoofweg te bou of ‘n sneltrein na jou gekose hawe deur my jare van baanbrekerswerk op die rowwe pad, waarop so baie vrouens reis en van prooi word. Hierdie hoofweg se naam is Jesus, ons Beminde Man en Hy sal jou dra na jou beloftes in Sy arms van liefde! Jy mag dalk wag vir al jou beloftes om vervul te word, maar die wagkamer wat Hy vir jou ontwerp het, is gepas vir ‘n vrou net soos jy. Stel jy belang? Volg my dan soos wat ons leer hoekom God met opset wag ontwerp het om vir ons die beloftes te bring wat Hy elke intensie het om vir ons te gee, sodra Hy weet dat ons regtig gereed is om hulle te hanteer.
Hoekom Ons Wag
Om vir iets te wag is een van die moeilikste aspekte van die Christelike wandel; ons weet eenvoudig nie hoe om dit behoorlik te doen nie. Eerder as om voordeel daaruit te trek en dit te geniet, kry ons swaar daardeur; dikwels misluk ons om dit tot die einde te maak en dus verbeur ons die belofte waarvoor ons God vertrou.
Tog die Bybel is duidelik dat wanneer God vir ons iets wys, wanneer ons uitroep na Hom toe, is dit vir ‘n bepaalde tyd, dit is (gewoonlik) nie vir nou nie. Habakkuk 2:2-3, “Die HERE het toe vir my gesê: ‘Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees. Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly WAG as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.”’ En dit is hoekom Hy ook sê dat ons dit moet neerskryf, sodat ons dit dikwels kan lees, en weet dat Hy getrou is.
Om te verstaan hoekom ons wag mag selfs belangriker wees as om vir die belofte te glo. Eenvoudig gestel, wanneer God ons iets vir die toekoms wys, is dit omdat ons nie gereed is om dit te hanteer of ten volle te geniet, sonder hierdie voorgenome wag tydperk nie.
Oorweeg die lewe van Josef. Hy was net ‘n seun toe hy die visioen gesien het dat hy sou regeer en dat sy eie familie eendag voor hom sou neerbuig. Maar, hy het baie jare nodig gehad om volwasse te word, gedurende die tyd moes hy ly en geestelik groei voordat hy gereed sou wees vir die verantwoordelikheid of die posisie waarvoor hy beskore was. Vir sy belofte om gemanifesteer en gesien te word, was daar niks wat hy kon doen om dit aan te jaag of God te oortuig dat hy gereed was nie.
Dan was daar Moses. Hy was ‘n jong man toe hy weggehardloop het woestyn toe, baie jare van afsondering van die publieke lewe het verby gegaan voordat hy gereed was om miljoene na die Beloofde Land te lei.
Oorweeg Ester, Sy was glad nie gereed om koningin te word nie, sy moes eers groei om haar mense, die Jode, te verstaan, onder die begeleiding van haar neef, Mordegai. Sy het ook ‘n volle jaar nodig gehad om skoonheids behandelings te ondergaan sodat sy haar man, die koning, kon ontbied, wie haar normaalweg sou teregstel vir so ‘n daad. God het geweet dat sy nie gereed was vir die enorme taak om haar Joodse mense te red nie, nog minder om haar ware identiteit as Jood bekend te maak.
Tog, die wag is nie net vir ons beswil nie, dit is ook omdat die tydsbereking dikwels nie reg is nie. God orkestreer elke persoon en gebeurtenis om saam te kom op ‘n presiese oomblik in tyd, vir Sy glorie. Ons neig om hierdie deel te vergeet, as gevolg van ons natuurlike self-gesentreerde en self-absorberende self. Al wat ons weet is dat ons moeg is vir wag, terwyl ons vergeet dat die Here binnekort verheerlik gaan word en dit is vir hierdie rede dat God die wonderwerk in elk geval in ons lewe bring.
In my eie situasie, het dit baie jare geneem vir my om emosioneel en geestelik gereed te wees, sowel as om in die regte plek te wees vir God om al Sy beloftes na my toe te bring en in die lig in, vir ander om te sien. Alhoewel ek eenkeer gewens het dat dit gouer kon wees, kan ek nou sien dat niks gereed was nie, selfs nie ‘n dag gouer as wat dit gebeur het nie. Maar kom ons praat van die tyd tussen die wag tydperke wat dikwels die tye is wat ons ly, wat lei tot ons wat wonder of God regtig omgee.
Is dit nie waaroor dit gaan nie?
Wanneer ons ly en ons situasie verander nie, begin ons twyfel aan God se liefde vir ons. Ons wonder of Hy soveel vir ons omgee as iemand anders na wie ons kyk, wie nie nodig gehad het om so lank te wag soos ons nie. Ons begin wonder of wat ons God voor gevra het en God voor geglo het, elk geval selfs in Sy wil is. En met hierdie soort negatiewe en geloof-vernietigende gedagte loop ons eenvoudig net weg en los Sy belofte agter, beweeg aan, na iets wat ons eerder nou kan verkry. Dan wanneer ons oorspronklike belofte opdaag, is ons dikwels nêrens te vinde nie of ons gee glad nie meer om dat God getrou was aan ons nie. So hartseer.
Dit is waar meeste Christene leef—dit is nou of nooit en hoekom hierdie selfde mense hulle bes doen om jou te kry om ook so te leef. Hulle wil net saam met jou glo en vir jou bid vir ‘n redelike hoeveelheid tyd, as die belofte dan nie gebeur het nie, doen hulle hulle bes om jou aan te moedig om te twyfel of God in die eerste plek die belofte aan jou gegee het. Om voortdurend vir iets te bid wat nie vinnig genoeg opdaag nie, is nie vir hulle die moeite werd nie—hulle het better dinge om met hul tyd en gebede te doen.
Kom ons wees eerlik, ons lewe ‘n “nou” leefstyl wat teen God se weë gaan. En selfs erger as die nou leefstyl, is die voortydige leefstyl wat opgespring het. Ons sien dit oral. Vrouens wat moeg is om swanger te wees,word geïnduseer; of selfs al wag hulle vir die bevalling om natuurlik te begin, sal hulle die bevalling laat versnel met medikasie of hulle sal hul water laat breek. Ja, dit is so maklik om in te gee vir hierdie versoekings wanneer jy ly, met die dokter of die verpleegster wat daar staan om jou onmiddelike verligting te gee.
Ons wag nie vir wat ons wil hê nie, selfs nie vir materialistiese dinge nie. Vandag, hoef ons nie vir enigiets te spaar nie . Ons kan alles wat ons wil hê, nou koop en later betaal. Tog is dit niks nuuts nie, dit gaan al vir eeue aan. Kyk na Sara wat haar belofte vir ‘n seun deur Hagar gekry het, maar later daarvoor betaal het. En ons almal betaal nog steeds vir Sara se ongeduld terwyl ons die voortdurende oorloë, geweld, haat en bloedvergieting in die Midde-Ooste tussen Abraham se seuns, Ismael (Islam) en Isak (Israel), dophou. As Sara net vir haar belofte gewag het.
Ons vergeet dikwels hoe ons wat God vooruitgaan, onvermydelik ander beïnvloed en dit is omdat ons van nature selfsugtig is. Eers as ons meer oor God se wil omgee as ons eie wil, is ons regtig in staat om te verduur tot aan die einde. As ons regtig kon sien wat daardie belofte, of daardie beloftes saam (ieder en elke een wat aan ons genoem is)—hoe dit regtig sal wees wanneer die regte tyd aanbreek—kan ons maklik tot aan die einde verduur en miskien selfs leer om die wag te geniet.
En wat van hierdie gedagtes, die nuttelose verbeelding? Is die nuttelose verbeelding nadelig vir ons geloofswandel of is dit ‘n manier vir ons om dit tot by gewenste bestemming te maak? Ek persoonlik dink dit kan albei wees. As ons te lank in die verbeeldings wêreld bly, kan ons onsself daarin verloor en dikwels ons pad verloor. Maar ek glo ook dat ‘n bietjie verbeelding goed kan wees, omdat ons “verbeel of glo” wat ons nie kan sien nie en ons doen ons bes om te sien hoe ons berg beweeg. Maar om daar te bly is om God uit die gesig te verloor en wat Hy hier vir ons het, gedurende die wag, ten midde van sommige van die lyding wat help om ons te suiwer en voor te berei.
As ek terugkyk, kan ek sien hoe God groot uithouvermoë in my geskep het gedurende my lang wag en jare van verskillende soorte lyding—alles om my gereed te maak vir vandag, net soos Josef en Moses. Dit is slegs nou wat ek in staat is om kalm te wees terwyl ek ‘n uiterste gejaagde lewe leef, gevul met daaglikse beproewings waarmee ek nie in my dertigs of selfs in my veertigs, sou kon byhou of verstaan het nie. Ek het geen idee hoe Hy dit gedoen het nie, maar dit is die punt—dit is iets wat Hy gedoen het, dis niks wat ek kon gedoen het nie en dit het alles gebeur gedurende die wag. God is besig om my en jou te vorm oomblik-vir-oomblik, dag-vir-dag, deur elke gebeurtenis en omstandigheid in ons lewens. Niks is waardeloos of onnodig nie. Dit alles bou die oefenveld en die suiwerings vure wat ons voorberei op wat Hy ons geroep het om te doen. Ek glo dat meeste vrouens wat geroep is om te dien en deur Hom gebruik te word, te besig is om te sien wat God besig is om te doen en hulle mis dikwels die roeping of is nie voorbereid daarvoor wanneer hulle geroep word nie.
Hulle word ook so vasgevang in die grootheid van die roeping dat hulle te bang is om na vore te tree. Ek waag om te sê, liewe een, dat jy een van daardie dames is. God het vir jou ‘n visioen gegee vir jou toekoms wat so geweldig ongelooflik is dat jy letterlik sidder, omdat jy dink dit mag dalk waar wees. So jy hou op om aan die grootheid daarvan te dink, op sy beurt, in plaas daarvan, omhels jy nie dit wat jou sal voorberei nie, jy bid en smeek eerder dat vandag se moeilikhede sal verander. Is dit waar jy is? Ek vermoed dat ‘n paar trane op hierdie bladsy sal val soos wat Hy die lig in die versteekte plekke van jou hart skyn. Ek weet omdat ek was waar meeste van julle nou is. En eerlikwaar, op ‘n manier, is ek weer waar julle is, aangesien God my selfs groter dinge gewys het wat Hy vir my beplan om te doen, dit is die nuwe beloftes wat nog kom—groot, ongelooflik, maar ja, skrikwekende visioene.
Nietemin, hierdie keer het ek myself verbind om eenvoudig deur alles te gaan en die wag te geniet. Sodoende kan ek toelaat dat my geloof gestrek word en om my tyd ten volle te benut terwyl ek wag. Elke dag stop ek en kyk ek na elke ding waarmee God my geseën het en bedank Hom vir elke een (soos ek vroeër gesê het in hierdie hoofstuk). En vandag, op hierdie oomblik, gaan ek tyd maak om rond te kyk na die prag van hierdie wêreld wat Hy geskep het vir Sy verloofde, ek en jy. Ek gaan tyd maak om die mense wat God rondom my geplaas het, lief te hê en te koester, net soos wat Hy lief is vir my en jou en ons koester.
Ek gaan elke dag baie tyd maak om vir my kosbare Beminde te vertel Hy is al wat ek wil hê en al wat ek nodig het. Wanneer ek dan die visioen vir die toekoms sien of ‘n belofte in my Bybel lees, sal ek verwag dit kom en nie my tyd mors om te wonder of ek God korrek gehoor het nie—maak nie saak hoe groot die belofte of visioen nou vir my lyk nie. Ek sal dit eenvoudig glo omdat ek God ken en ek weet hoe Hy werk. Ek weet deur na die miljoene dinge te kyk wat Hy alreeds in my lewe gedoen het om te weet Hy is getrou. En as jy dink dat jy nie genoeg getrouheid in jou eie lewe het nie, kyk net na myne (of sommige van die ander vrouens in ons bediening gemeenskap). (En as jy nie in ons bediening gemeenskap is nie, jy behoort te wees, want die vroue in ons gemeenskap hou my aan die gang!)
Voordat ek hierdie hoofstuk afsluit, laat my met sommige van julle praat wat regtig in die middel van ware lyding is omdat ek ook al daar was. Eerstens, hierdie lyding het regtig ‘n doel; ek weet dit omdat ek daardeur gegaan het. ‘n Hart vol ootmoed en berou word nie maklik deur enigiemand verkry nie en dit is beslis pynlik, maar ons hoef net na die lewe van Jesus te kyk om te verstaan dat Hy verstaan en dat Hy werklik “‘n man van lyding wat pyn geken het.” was. Dit is somtyds moeilik vir ons om te verstaan hoe God, Sy Vader, die lyding van ‘n kruis vir Sy enigste Seun kon toelaat. Om te kyk hoe Hy pleit in die Tuin van Getsemane, maar dit nog steeds nie gestop het toe Hy Sy Seun hoor uitroep en wriemel en worstel het met wat Hy geweet het op die punt staan om te gebeur nie, kan ons help om te verstaan omdat ons kan sien wat die uitkoms was van Sy Seun se vervulling van die doel.
Hoe kan ‘n Vader vanaf die hemel toekyk terwyl Sy kosbare Jesus gesukkel het om die kruis te dra, deur die strate wat, Hy geweet het, Sy dooie liggaam skaars ure later sou hou. (Maar God het iemand gestuur om Sy kruis te dra en Hy het iemand gestuur om joune ook te dra, vra net.) Wonder jy ooit hoe God die Vader kon kyk hoe Sy enigste Seun vir ure aan die kruis gely en gesterf het, waarom het Hy nie die lyding en angs gestop nie? Het God nie die gesigte gesien van dié wat gestraal het, diegene wat gewag het vir die dag wat Jesus van Nasaret uiteindelik sou sterf nie? Het Hy nie die beledigings en die bespotting gehoor wat vanaf die skare na Sy Seun geslinger was en dié wat gelyk het asof hulle geïnteresserd was in hierdie Man sy pyn, die perfekte en sondelose man, vir Wie se klere hul looitjies getrek het? Hoe kon God dit laat gebeur? Hoekom het Hy dit nie gestop nie, om nie nog een minuut toe te laat om verby te gaan nie? Sou die vyand regtig wen, regtig in staat wees om al die goeie werk wat Jesus hier op aarde gedoen het, te vernietig?
Die waarheid is, ons almal weet daar was ‘n doel, die Doel wat ontwerp was om my en jou te red. God die Vader het verby al die pyn, beledigings, lyding en bespotting gekyk om na ons gesigte te kyk, my en jou gesig (en jou vriendin, buurvrou, broer, suster, moeder, vader, seun en dogter) wie daardie kosbare bloed nodig gehad het, bloed wat eers van Sy sweet gedrup het, toe Sy kroon, later van Sy geseling en uiteindelik van die spykers in Sy hande en voete---selfs waar Sy sy met ‘n spies deurboor is. Ieder en elke druppel bloed was nodig om my en jou te red. Nie een druppel was gemors nie, ook nie enige lyding wat Jesus verduur het terwyl God gekyk het, het verlore gegaan ter wille van my en jou nie.
Elke keer wat jy ly, liewe een, net soos ek het, neem ‘n oomblik om Jesus te onthou en wat Hy vir my en jou gedoen het. Hoe Hy ons nou help, sodat elke stukkie lyding ook ‘n spesiale doel sal dien. Om te onthou is wat my die deernis gegee het om jou nou te troos. Jy vertrou my omdat ek was waar jy nou is en ek verstaan regtig. God is lief vir jou en Hy gee om vir jou. As Hy in staat was om elke pynlike deel in geskiedenis vir Sy Seun uit te speel, het Hy nie ‘n wonderlike plan vir jou en vir ander wat voordeel sal trek as gevolg van jou gewilligheid om te ly nie? Soos wat ek uitgereik het en jou getroos het, so sal jy vrouens in jou wêreld hê wat ek nooit sal ontmoet nie, maar wat ook vertroosting nodig het. Niemand anders as jy sal verstaan of sal in staat wees om vir hulle die troos en hoop te gee wat hulle nodig het nie.
Liewe leser, God het ‘n doel vir jou wag. Ieder en elke traan wat jy stort word in Sy bottel versamel. So, maak nou hierdie boek toe en gaan dadelik na jou gebedshoek, laat Hy jou troos en laat Hom toe om jou met Sy liefde te verswelg. Hy kan en sal vrede in jou storm bring, vreugde vir jou gebroke hart en krag vir jou moeë liggaam en siel. Ons Man, kosbare een, wag in daardie stil plek waar Hy al jou trane wil weg vee en al jou skande. Gaan nou soontoe en kom uit gereed om ander te troos met die troos waarmee ons self getroos is deur ‘n Lewende God—ons Hemelse Man.