Van Hartseer Na Vreugde

"En die losgekooptes van die HERE sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg." J35:10

Terwyl ek so terug reflekteer op my lewe, is ek ongelooflik dankbaar dat ons kosbare Liefling Here al my hartseer na vreugde toe verander het, 'n vreugde wat net Hy my kon gee.

Desember maande was altyd vir my ongelooflik hartseer, want my eggenoot het my die eerste keer gelos net so voor Desember. Ek het daardie kersfees saam met hom en sy ouers spandeer, maar op daardie stadium het hy al uitgetrek en ek was daar omdat sy ma my genooi het. Die ander vrou het hom kort kort gebel en ek moes sien hoe verlief hy was. Die laaste dag van daardie spesifieke jaar het ek verkies om alleen te wees en is die nuwe jaar alleen hartseer in. 

Ek het so gesmag na liefde en selfs gedink as ek nie my eggenoot kan kry nie, moet die Here dan asseblief vir my iemand anders gee. Ek het gedink ek het iemand nodig om die leemte in my hart te vul. Wel ek het eintlik Iemand nodig gehad om daardie leemte te vul, maar daardie iemand was nie my eggenoot of 'n ander man nie, daardie Iemand wat ek nodig gehad het, was ons kosbare Liefling Here.

Lees asseblief hierdie gedeelte aangehaal uit Ewige Liefde:

Ongeag jou verhoudingstatus, geen man, geen vrou, geen persoon/persone kan aan al jou behoeftes voldoen nie, al jou begeertes vervul en help om jou GELIEFD te laat voel (diep in jou siel en gees) nie. Daar is slegs EEN wat dit kan doen, slegs EEN wat die leë leemte in jou hart kan vul wat aanhou om dieper en wyer te groei.

Vandag op hierdie laaste dag van 2024 kyk ek terug en sien hoe ek hierdie pragtige belofte wat ek hierbo gedeel het, leef en ons kosbare Liefling Here my hartseer in vreugde verander het. So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om al ons kosbare Liefling Here se beloftes te glo en in jou lewe in te spreek.

"Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet." S18:21

Ek deel nog 'n gedeelte uit Ewige Liefde, wat my lewe verander het:

Moenie wag nie. Stop nou dadelik en sê vir die Here dat Hy al is wat jy wil hê, dat Hy al is wat jy nodig het en as jy Hom het, het jy alles. Dan, wanneer enigiets probeer om teen jou te kom, herhaal dieselfde woorde:

En ja eers was dit net 'n kopkennis, maar nou is dit 'n hart toestand. So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om 2024 af te sluit met hierdie woorde aan ons kosbare Liefling Here en saam met Hom 2025 ingaan.

U is AL wat ek wil Hê
U is AL wat ek Nodig het
Wanneer ek U het, het ek ALLES!

Ek weet met my hele hart dat ons kosbare Liefling Here al jou seer wil genees en wil hê dat jy sy Ewigdurende Liefde moet ervaar soos nog nooit te vore nie en ek sien uit na die getuienisse wat jy nog gaan kom deel.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui