Sy Middel Vir Ons Genesing

"Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red." P107P:20

Lees asseblief hierdie gedeeltes oorvertaal uit Lewensles Week 79 "Weer en Weer Geklap":

Met klappe, beledigings, verwerpings – baie van hierdie dinge – beteken dit ook dat ons moet vergewe en vergeet. Onlangs het ek soveel Christene hoor sê: "Ek vergewe, maar ek sal nooit vergeet nie." Dikwels word ons gespook en geteister deur pynlike situasies te onthou, wat selfs vir jare kan voortduur. Ook hierdie kan God ten goede gebruik. Hoe? Vra Hom net sodat Hy 'n middel vir jou genesing kan voorskryf, en deel dit dan hier.

Vir so ongelooflik lank het ek die seer saam met my gedra en so ook die onvergifnis. Totdat ek in Februarie 2023 by ons Wyse Vrou Toevlug in die Kaap alleen saam met ons Liefling Here gaan sit het en Hom gevra het om my te help vergewe en net daar en dan het ek gevoel hoe Hy my help.

En ek wens ek kan sê dat onvergifnis en die seer nooit ooit weer opgeduik het nie, maar dit wil so nou en dan sy kop uitsteek, maar dan is ons kosbare Liefling Here se Woord die middel wat Hy gebruik om my te genees. Die dag wat ek voel al die seer en negatiewe gedagtes wil oorneem, help dit my ongelooflik baie om dan ekstra te mediteer op ons kosbare Liefling Here se Woord.

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om alles vir ons Liefling Here te gee en Sy hulp te vra indien jy met iets sukkel. En onthou Sy woord is die beste middel vir genesing.

"Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is." P19:8

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui