Wend Julle Tot My en Laat Julle Red

Sien Dubbel

Verlede maand het ek gedeel oor my broer wie vandag nog lewe nadat hy van ‘n ongeneeslike vorm van bloedkanker genees was. Kort daarna, het ek gehoor dat my broer en sy middelste (gered) seun gehoor het van ‘n Belofte Houers Saamtrek en hy het albei sy ander seuns genooi om dit saam hulle by te woon. Gedurende die saamtrek, het albei my broerskinders afgestap—amper voor hulle hul geroep het (het ek gehoor)—nadat hulle die ongelooflike verandering in hul pa en broer gesien het! 

Met my broer en 3 broerskinders nou Christene, het ek gedink dat dit net natuurlik sou wees dat my skoonsuster volgende gered sou word. Ek was verkeerd. As gevolg van haar sterk toewyding teenoor haar Katolieke opvoeding (ons was ook, soos jy weet, Katoliek groot gemaak en my broer het selfs na Notre Dame toe gegaan), my skoonsuster het gevoel dat dit haar geloof sou verraai.

Weereens het ek geweet dat ek niks vir haar moet sê nie, en as ek  en my broer (‘n nuwe, aan die brand Christen) op die telefoon sou praat, het ek hom aangemoedig om eenvoudig lief te wees vir haar op ‘n begripvolle manier. Ek is nie seker hoeveel hy homself daarvan weerhou het om haar aan te spoor nie, en of hy haar probeer oortuig het van haar behoefte aan 'n Verlosser nie, maar ek het toegekyk hoe my liefdevolle Man namens haar beweeg het!

Terwyl ek gereis het, was ek verbaas omdat ek aanhoudend gevind het dat ek deur LAX vlieg, naby aan waar my broer en skoonsuster in Orange County, Kalifornië gewoon het. Somtyds was daar net ‘n paar ure tussen vlugte, maar ek was mal daaroor dat albei my liefdevol by die lughawe ontmoet het, selfs al was dit net om aandete in ‘n lughawe restaurant te geniet.

Dit het gebeur kort nadat my skoonsuster met ‘n breingewas gediagnoseer was. Ons het gehoor dat dit ‘n uiters delikate operasie was, en ons het almal gebid dat dit suksesvol verwyder sou word, en deur dit te doen, sou die dokter NIE die Optiesie senuwee tref soos ons gevrees het kon gebeur nie. Hy het. Soos gewaarsku, het my skoonsuster uit die operasie gekom en dubbel gesien. Sy was vooraf gesê dat dit sou gebeur, dat dit NOOIT sou verbeter nie. Die dubbelvisie sou permanent wees.

Dubbelvisie het beteken dat my skoonsuster nie kon loop nie. Sy sou uiteindelik leun en oorval of links loop waar sy wou gaan. So wanneer sy enige distansie (buite haar huis) geloop het, het sy my broer se arm nodig gehad om haar te lei.

Tog, was dit deel van Sy plan. As ons ontmoet het, sou my skoonsuster my elke keer vra om te bid voor ons maaltyd. Ek het geweet wat Hy in die mou voer, want as ‘n Katoliek sou ons altyd “Genade,” ‘n spesifieke gebed, opsê, nie een soos wat ek gebid het waar ek eenvoudig  met die Here en/of God sou praat nie. En natuurlik, het ek altyd spesifiek vir die Here gevra om haar dubbelvisie te genees. Toe, eendag, het sy my geskakel om te sê dat sy seker was dat sy beter kan sien! So weereens, terwyl ek een maand deur LAX gereis het, het ons vir aandete ontmoet en sy het gevra dat ek bid, en weer het ek ‘n paar dae later 'n oproep ontvang om te sê dat sy beter kan sien! Wat, soos ek gesê het, die dokters gesê het onmoontlik sou wees.

Een oggend, gedurende my alleentyd met die Here, het ek daaraan gedink om te vra oor haar genesing. Dit was toe dat Hy gesê het: “Sodra sy MY sien as die enigste manier hemel toe, en afstand doen van die “werke” wat sy glo sy moet verdien, as gevolg van wat sy geleer het uit die Katolieke geloof, sal sy heeltemal genees wees.” Dit het soveel sin gemaak en ek het oortuig en opgewonde geraak om te sien hoe Hy klaarmaak wat ek weet Hy begin het en hoekom Hy haar toegelaat het om ‘n breingewas te hê kort nadat sy van borskanker herstel het. 

Na hierdie gesprek met die Here, het ek verbasend opgehou om deur LAX te vlieg en eerlikwaar, ek kan nie onthou hoe lank dit was toe ek die telefoon oproep gekry het nie. My skoonsuster het weer 'n motor bestuur!! Sy het gesê sy was ten volle genees van haar dubbelvisie—die dokters was stomgeslaan en die een het beweer dat dit ‘n wonderwerk moes wees—daar was geen ander verduideliking daarvoor nie!

Al het my skoonsuster nooit reguit uitgekom en enige diepgaande stelling gemaak soos my broer en broerskind oor haar ervaring nie, het sy begin om die Christelike kerk saam haar man (my broer) by te woon en was so verander dat daar geen rede was om meer te vra nie. Ek het hulle sedertdien besoek en sy praat net so geredelik en dikwels van die Here soos ek doen. Kort nadat sy Hom persoonlik leer ken het, en geweet het dat Hy die EEN en enigste manier was om die hemel te bereik (selfs hier op aarde,) het ek gehoor dat haar skoondogter gered was, wie ek weet ook Katoliek grootgemaak is.

As ek moes raai, glo ek dit het so vinnig gebeur as gevolg van die matriarg van hul familie wat Hom leer ken het! Ek weet dat al hulle skoondogters nou aan die brand gelowiges is, en hulle maak my kleinniggies en -nefies groot om Hom en Sy wonderbarlike maniere te ken en ervaar!

Onthou, weereens, wat dit in 2 Korintiërs 3:2, Afr 83 sê: “Julle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan.”

2 Korintiërs 3:2 “Julle is tog self ons brief, geskryf op ons harte, bekend aan en gelees deur alle mense.

* Wat beteken: om te getuig is om ‘n aanbevelingsbrief of oop boek te wees om gelees te word deur almal wat na jou lewe kyk. 

Aanbevelingsbrief in Grieks is Epistello, om vir iemand ‘n boodskap te stuur, om instruksies te skryf. Ons lewens behoort ‘n boodskap te stuur vir ander om te sien hoe om in vrede en vreugde te lewe en “geen kommer oor die toekoms te hê nie  as gevolg van wie ons vandag en ook ons toekoms mee deel!

My familie het my lewe aanskou, en hoe Hy  so pragtig daarin geskryf het. Ek het deur baie beproewings gegaan, maar altyd te midde daarvan vredevol gebly. Wat van jou?

En, soos wat ek gesê het, ek het nog nooit enigiemand gekonfronteer nie (familie, vriende of ‘n vreemdeling nie), maar het eenvoudig Sy redding dopgehou terwyl ek in ontsag bygestaan het! Ek spoor jou aan om op te hou bekommerd wees of om te probeer om jou familie “gered” te kry en om eenvoudig hierdie belofte vir jou familie te GLO!

“Hulle het hom geantwoord: “Glo in die Here Jesus, en jy sal verlos word, jy en al die lede van jou huishouding.”’ Handelinge 16:31 NLV

En onthou, dit is niks wat ONS doen nie, maar wat Hy gedoen het!!

“Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red . . ." Eksodus 14:13

"Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie. . .  Die Here sal by julle wees.” 2 Kronieke 20:17

LAASTENS, onthou jy hoef NIE enigiemand te kry om deel te neem aan een of ander ritueel of resep om gered te word nie. Lees hoe Hy sê: Wend Julle Tot My en Laat Julle Red en Kom Na My Toe Dat Julle Gered Kan Word

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui