Praat Eerste Met Die Here

"Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my." P23:4

In Kursus 2, Dag 9 "Krisis Hoekie" word daar gevra na wie toe hardloop ons gewoonlik wanneer 'n krisis tref?

As ek heeltemal eerlik is, dan moet ek antwoord dat ek soms eerste na die telefoon toe hardloop om my vriendin te bel. En al vra ek my vriendin vir gebed, erken ek ek moet eerste na die Here toe hardloop. As ek nou daaraan dink is dit eintlik 'n baie slegte gewoonte om eerste na ander toe te hardloop in plaas van ons kosbare Liefling Here. En die beste van alles is, ons vriendinne kan dalk bid en daar wees vir ons, maar veel meer kan hulle nie doen nie. Net die Here kan iets aan die krisis doen!

Lees asseblief hierdie gedeelte aangehaal uit die les uit:

"As jy NIE eerste na die HERE toe gegaan het nie, STOP DAN NOU en kom alleen saam met Hom. Roep tot Hom en bely dat Hy NIE eerste in jou lewe was nie. Maak 'n verbintenis met Hom om NIE met enigiemand te praat voordat jy EERSTE met Hom gepraat het nie. Onthou, Eksodus 20:3 sê, “Jy mag naas My geen ander gode hê nie.”

Uit die les uit het ek geleer dat ons nie met enige iemand moet praat as daar enige emosies by dit betrokke is nie. Dis asof hierdie les spesiaal vir my geskryf was, want ek het altyd uit my emosies gepraat en sommer baie begevoegde emosie en ek moet erken dit was een van my grootste foute. En daarom moet ek meer op ons kosbare Liefling Here leun sodat my emosies nie oorneem nie. Ek is so dankbaar vir Sy stem agter my.

"Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.” J30:21

Kosbare vrou kom ons maak 'n verbintenis met ons Liefling Here, dat ons nie met iemand sal praat voor ons nie met Hom eers gepraat het nie. 

4 thoughts on “Praat Eerste Met Die Here”

  1. Liewe Janine,
    Baie dankie vir die les.
    Ek is een van daardie mense wat na ander toe hardloop òf heeltemal ontrek en niks vir niemand sê nie.
    Die emosies oorweldig my sò dat ek dan breekpunt bereik want al sê ek niks, kan ek stèeds niks daaraan doen nie.
    Ek maak die verbintenis met my God dat ek met Hom sal praat en eerste ook.
    Hy ìs daar vir my en wil hè ek moet alles met Hom deel en net stil wees en op Hom vertrou.

    1. Kosbare liefste Betty, ek is so dankbaar dat jy ook daardie verbintesnis met ons LIefling Here en ek weet jy gaan nog met so baie getuienisse kom. Ek moet erken my emosie kan my ook soms so oorweldig en jys doodreg ons kan steeds niks daaraan doen nie. Net ons kosbare Liefling Here kan alles vir ons verander en wat Hy toelaat is altyd vir ‘n groter doel.

  2. Dankie liefste Janine, ek stem met jou saam en ek maak ‘n verbintenis om eerste met my Liefling Here te praat voor ek met enige iemand anders praat, veral as daar emosies betrokke is. Ek het gevind het as daar emosies betrokke is en ek praat met iemand, veral as ek kwaad is, dan voel ek erger, maar as ek heel eerste met die Here praat dan voel ek altyd beter.

    1. Ek weet presies wat jy bedoel as ek ook praat terwyl daar emosies betrokke is, voel ek ook erger.
      Ek maak ook ‘n verbintenis met ons Liefling Here dat ek eerste met Hom sal praat en ja veral as daar emosies betrokke is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui