ONS IS SO BEVOORREG!

Hoe bevoorreg is ons net nie, om met enige iets na die Here toe te kan gaan nie!

So paar maande gelede het my hare verskriklik baie uitgeval en na ek na my Hemelse Man toe gegaan het vir hulp en Hy my genees en my hare val glad nie meer uit nie.

Gister toe ek verskriklik siek voel as gevolg van griep het ek my Hemelse Man gevra om my asseblief aan te raak met Sy genesende krag en vanoggend voel ek soveel beter.

Ons is rerig in ‘n baie bevoorregde posisie om met enige iets na ons Hemelse Man toe te kan gaan.

Dankie my Wonderlike Hemelse Man!

2 thoughts on “ONS IS SO BEVOORREG!”

  1. Dit is so waar wat jy se liefste Janine, ons is regtig so bevoorreg om enige tyd oor enige iets na die Here toe te gaan. Hy sal altyd luister, en ons nooit in die steek laat nie. Ek het vanoggend met ‘n swaar hartjie opgestaan, op pad werk toe het ek al daardie laste en gevoelings vir die Here gegee. Nou is ek net stil en weet dat HY God is. (Psalm 46:11)

    Matteus 11:28-30: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” ❤️

  2. Liefste Meagan ek is so dankbaar dat jy jou laste en gevoelens vir die Here gegee het want fie Here weet wat om daarmee te doen.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui